hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24

Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 20 Bybel vir Almal (ABA)

Die mense wil weet wie het gesê Jesus mag hierdie dinge doen

1. Jesus was eendag by die tempel besig om vir die mense te leer. Hy het vir hulle die goeie boodskap gebring dat God Koning is. Die priesterleiers en die skrifgeleerdes saam met die familieleiers het na Hom toe gekom

2. en hulle het vir Hom gevra: “Hoekom dink jy dat jy hierdie dinge mag doen? Wie het gesê jy mag dit doen?”

3. Jesus het vir hulle gesê: “Ek sal vir julle ook ’n vraag vra, en dan moet julle vir My antwoord.

4. Johannes die Doper het mense gedoop. Wie het hom gestuur om dit te doen? Was dit God, of was dit mense?”

5. Die Joodse leiers het daaroor met mekaar gepraat en gesê: “As ons sê: ‘God het hom gestuur,’ dan sal Jesus vra: ‘Hoekom het julle nie geglo wat Johannes gesê het nie?’

6. Maar ons kan ook nie sê: ‘Dit was mense wat vir Johannes gestuur het om te doop’ nie. As ons dit sê, dan sal al die mense ons met klippe wil doodgooi, want hulle het geglo Johannes is ’n profeet.”

7. Daarom het hulle vir Jesus gesê hulle weet nie wie vir Johannes gestuur het nie.

8. Toe sê Jesus vir hulle: “Dan sal Ek ook nie vir julle sê wie het vir My gesê Ek mag hierdie dinge doen nie.”

Die gelykenis van die wingerd

9. Toe begin Jesus vir die mense hierdie gelykenis vertel. Hy het gesê: “’n Man het ’n klomp wingerdstokke op sy grond geplant. Daarna het hy gesê ander mense mag die wingerd huur. Toe het hy ’n lang tyd weggegaan.

10. Toe dit tyd was om die druiwe te pluk, het hy ’n slaaf na die mense toe gestuur sodat hulle vir die eienaar die druiwe kan gee wat hy moet kry. Maar die mense het die slaaf geslaan en hom weggejaag. Hulle het vir hom niks gegee nie.

11. Die eienaar van die wingerd het nog ’n slaaf na hulle toe gestuur. Die mense het hom ook geslaan en hulle het slegte dinge gedoen aan hom. Hulle het hom weggejaag en vir hom niks gegee nie.

12. Die eienaar van die wingerd het toe ’n derde slaaf gestuur. Maar die mense het hierdie slaaf ook seergemaak en hom weggejaag.

13. Toe het die eienaar van die wingerd gesê: ‘Wat moet ek nou doen? Ek is baie lief vir my seun, ek sal hóm na hulle toe stuur. Hulle sal miskien my seun respekteer.’

14. Toe die mense die eienaar se seun sien, het hulle vir mekaar gesê: ‘Hierdie seun sal eendag al die eienaar se goed kry. Kom ons maak hom dood, dan vat ons alles vir onsself.’

15. Hulle het die eienaar se seun uit die wingerd gejaag en hulle het hom doodgemaak. Wat dink julle, wat sal die eienaar van die wingerd met die mense doen?

16. Hy sal kom en hy sal daardie mense doodmaak. Hy sal die wingerd vir ander mense gee.”Toe sê die mense: “Nee, dit sal nooit gebeur nie! Hierdie wingerd sal nooit aan ander mense behoort nie!”

17. Jesus het ernstig na hulle gekyk en gesê: “Wat beteken hierdie woorde in die Psalms:“Die klip wat die bouersnie wou gebruik nie,daardie klip het die belangriksteklip in die hele gebou geword.

18. Elkeen wat oor daardie klip val,sal sy bene breek en sterf.En as daardie klip op iemand val,dan sal die klip so iemanddoodval?”

19. Die skrifgeleerdes en die priesterleiers het toe dadelik probeer om Jesus te laat vang en toe te sluit. Hulle het geweet Hy het die gelykenis vertel om te wys hulle is soos daardie mense. Maar hulle was bang vir die mense, daarom het hulle nie vir Jesus gevang nie.

Aan wie moet die mense belasting betaal?

20. Die leiers van die Jode het baie goed gekyk wat Jesus doen. Hulle het spioene na Jesus toe gestuur. Die spioene het gemaak of hulle graag meer van Jesus wou leer. Die leiers wou hê Jesus moet iets sê wat verkeerd is, sodat Hy probleme kan kry. Dan kan hulle Hom vang en vir die Romeinse regering gee, sodat hulle Hom kan straf.

21. Die spioene het toe vir Jesus gevra: “Meneer, ons weet die dinge waaroor jy praat en wat jy leer, is reg. Jy is nie bang vir wat mense van jou sê nie. Jy leer vir die mense wat God wil hê hulle moet doen, en die dinge wat jy vir hulle leer, is waar.

22. Maar sê vir ons: Is dit reg om aan die keiser belasting te betaal of nie?”

23. Jesus het geweet hulle wil hê Hy moet iets verkeerd sê waaroor hulle Hom kan vang, en Hy sê toe vir hulle:

24. “Wys vir My ’n silwer geldstuk.”Toe hulle dit doen, vra Hy vir hulle: “Wie se kop en wie se naam is op hierdie geld?”Hulle het vir Hom gesê: “Dit is die keiser se kop en sy naam.”

25. Jesus sê toe vir hulle: “Dit is reg. Dan moet julle vir die keiser gee wat aan hom behoort, maar julle moet ook vir God gee wat aan Hóm behoort.”

26. Die spioene kon Hom nie vang nie, want niemand het gehoor dat Hy iets verkeerd gesê het nie. Hulle was baie verbaas oor wat Jesus geantwoord het en hulle het stilgebly.

Mense wat gesterf het, sal weer lewe

27. ’n Paar Sadduseërs het na Jesus toe gekom. Die Sadduseërs het nie geglo dat die mense wat gesterf het, weer sal lewe nie. Hulle het vir Jesus gesê:

28. “Meneer, Moses het in sy wette geskryf wat ons moet doen. Hy het gesê: ‘Wanneer ’n man sterf en sy vrou lewe nog en hulle het nie kinders nie, dan moet sy broer met die weduwee trou. Wanneer die vrou dan kinders kry, dan sal dit sy broer wat dood is, se kinders wees.’

29. Daar was sewe broers. Die oudste broer het getrou. Hy het gesterf maar hy het nie kinders gehad nie.

30. Die tweede broer het met die oudste broer se weduwee getrou,

31. en ná hom het die derde broer met haar getrou, en so het al sewe broers met die vrou getrou. Hulle het almal gesterf, maar hulle het nie kinders gehad nie.

32. Later het die vrou ook gesterf.

33. Nou vra ons: Wie se vrou sal hierdie vrou wees wanneer al die mense wat gesterf het, weer lewe? Want die sewe broers was almal met haar getroud.”

34. Jesus het vir hulle gesê: “In hierdie lewe trou mense met mekaar.

35. Maar wanneer God Koning is, dan sal Hy die mense wat in Hom glo en wat gesterf het, weer laat lewe. Dan sal mense nie getroud wees nie, en hulle sal nie trou nie.

36. Want hulle sal wees soos die engele wat nie sterf nie en wat by God in die hemel woon. Maar dit kan net gebeur as God hulle weer laat lewe.

37. Moses het ook vir ons gesê mense wat gesterf het, sal weer lewe. Hy het geskryf oor die bos wat gebrand het. Daar sê Moses die Here is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob.

38. God is nie die God van dooie mense nie, Hy is die God van mense wat lewe. Want vir God is almal wat in Hom glo, mense wat lewe.”

39. Party van die skrifgeleerdes het vir Jesus gesê: “Meneer, jy het goed geantwoord.”

40. Die mense wou toe nie weer vir Jesus iets vra nie.

Is die Christus die Seun van Dawid?

41. Jesus het vir die mense gevra: “Hoekom sê die mense die Christus is die Seun van Dawid?

42. Want Dawid self sê in die boek van die Psalms:“Die Here het vir my Here,die Koning, gesê:Sit hier langs My,op die belangrikste plek,

43. Ek sal jou vyandevoor jou laat buig,en jy sal jou voete op hulle sit.

44. “Dawid noem die Christus ‘Here.’ Hoe kan die Christus dan Dawid se seun wees?”

Jesus waarsku die mense teen die skrifgeleerdes

45. Toe sê Jesus vir sy dissipels terwyl al die mense Hom kan hoor:

46. “Pasop vir die skrifgeleerdes. Hulle wil graag met deftige klere rondloop en hulle wil hê almal moet hulle groet op die plekke in die stad waar die mense bymekaarkom. Hulle wil graag sit op die belangrikste plekke in die sinagoges en by die feeste.

47. Maar die skrifgeleerdes is mense wat weduwees bedrieg en wat hulle huise vat. En hulle is mense wat baie lank bid sodat ander mense dit moet sien. God sal hulle baie swaar straf.”