Ou Testament

Nuwe Testament

Kolossense 4:2-10 Bybel vir Almal (ABA)

2. Julle moenie ophou bid nie, julle moet wakker wees en julle moet altyd vir God dankie sê.

3. Julle moet ook vir ons bid. Ons wil graag hê dat God vir ons moet stuur om weer te gaan preek en vir mense die boodskap oor Christus te bring. Dit is ’n boodskap wat niemand voorheen geken het nie, maar God het dit nou vir ons gesê. Ek is nou in die tronk omdat ek die boodskap oor Christus gepreek het.

4. Julle moet vir my bid dat ek oor daardie boodskap sal preek en dat ek dit sal verduidelik soos ek moet.

5. Wanneer julle by mense is wat nie in Christus glo nie, dan moet julle reg lewe. Ja, julle moet julle tyd reg gebruik.

6. Wanneer julle met mense praat, dan moet julle altyd vriendelik wees. Dit moet vir die mense lekker wees om na julle te luister. Ja, julle moet altyd die regte dinge vir elke mens sê.

7. Tigikus sal vir julle alles vertel wat met my gebeur het. Hy is my goeie vriend, en hy doen sy werk vir die kerk goed. Hy werk baie hard saam met my vir die Here.

8. Ja, ek stuur vir Tigikus na julle toe sodat julle kan hoor hoe dit met ons gaan. Hy sal julle help sodat julle geloof sterk bly.

9. Ek stuur ook vir Onesimus saam met Tigikus. Onesimus is ’n goeie vriend, en hy doen sy werk goed. Hy is een van julle. Onesimus en Tigikus sal vir julle alles vertel wat hier gebeur het.

10. Aristargus is saam met my in die tronk en hy stuur groete vir julle. Markus, die neef van Barnabas, stuur ook groete vir julle. Julle weet wat julle moet doen wanneer Markus daar by julle kom, julle moet vir hom sê hy is welkom.

Lees volledige hoofstuk Kolossense 4