Ou Testament

Nuwe Testament

Judas 1:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Ek, Judas, skryf hierdie brief vir julle. Ek is ’n dienaar van Jesus Christus en ek is ’n broer van Jakobus. God het julle gekies om aan Hom te behoort. Julle weet dat God die Vader lief is vir julle en dat Jesus Christus julle goed oppas.

2. Ons bid dat God baie goed sal wees vir julle, dat Hy vir julle baie vrede sal gee en baie lief sal wees vir julle.

3. My vriende, ek wou baie graag vir julle geskryf het dat God vir ons en vir julle almal gered het. Maar dit is nou belangrik dat ek dadelik vir julle skryf en vir julle ernstig vra om aan te hou werk vir die goeie boodskap. Ons wat in Christus glo, hou vas aan hierdie boodskap. God het hierdie goeie boodskap klaar gegee vir die mense wat aan Hom behoort.

4. Ek skryf nou hierdie dinge vir julle, want party mense het skelm na julle toe gekom. Hulle verander die boodskap van ons God se genade sodat hulle die slegte dinge kan doen wat hulle wil doen. Hulle is ook bang om vir mense te sê hulle behoort aan Jesus Christus, ons enigste Eienaar en Here. In die Ou Testament is lank gelede geskryf dat daardie mense die sondaars is, God sal vir húlle oordeel.

5. Ek weet dat julle al hierdie dinge weet, maar ek wil dit weer vir julle sê. Die Here het lank gelede die mense van Israel uit die land Egipte gered. Maar later het Hy die mense wat nie in Hom geglo het nie, verlore laat gaan.

6. Julle onthou ook die engele wat nie aangehou het om te doen wat hulle moes doen nie. Hulle het weggegaan uit hulle woonplek in die hemel. Die Here het hulle vir altyd vasgemaak met kettings en Hy het hulle in die donker plek laat bly totdat Hy hulle sal straf op die dag wanneer Hy almal sal oordeel.

7. Julle moet ook onthou wat met die stede Sodom en Gomorra en die stede naby hulle gebeur het. Daardie mense het onsedelik gelewe en hulle wou ook graag seks hê met engele. Daarom is hierdie stede ’n duidelike voorbeeld, dit wys hoe die Here daardie sondes straf met die vuur wat altyd brand.

Lees volledige hoofstuk Judas 1