Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 19:10-20 Bybel vir Almal (ABA)

10. Toe sê Pilatus vir Jesus: “Hoekom praat jy nie met my nie? Weet jy nie dat ek kan besluit of jy vry sal wees en of die soldate jou sal kruisig nie?”

11. Jesus het vir Pilatus gesê: “Nee, jy kan dit nie self besluit nie. God het besluit jy mag sê wat met My moet gebeur. Daarom doen die mense wat My na jou toe gebring het, groter sonde as jy.”

12. Toe Pilatus hoor wat Jesus sê, het hy probeer om vir Jesus te laat gaan, maar die Jode het hard geskree: “As jy vir Jesus laat gaan, dan is jy nie die keiser se vriend nie. Jesus het gesê hy is ’n koning. Daarom is hy ’n vyand van die keiser.”

13. Toe Pilatus hoor wat die Jode sê, het hy vir Jesus buitetoe laat bring. Pilatus het op die regterstoel gaan sit. Die plek waar die regterstoel gestaan het, se naam was die Klipstoep. Die Hebreeuse naam van die plek is Gabbata.

14. Dit was die dag voor die Paasfees, die dag waarop die Jode alles gereedgemaak het vir die Paasfees. Dit was omtrent twaalfuur die middag. Pilatus het vir die Jode gesê: “Kyk, hier is julle koning!”

15. Hulle het hard geskree: “Jy moet vir Jesus wegvat! Jy moet hom wegvat! Jy moet hom laat kruisig!”Pilatus het vir hulle gevra: “Moet ek vir Jesus, julle koning, laat kruisig?”Die priesterleiers het vir Pilatus gesê: “Jesus is nie ons koning nie! Ons het net een koning, en dit is die keiser!”

16. Toe het Pilatus gesê die priesterleiers mag vir Jesus vat en Hom laat kruisig.Die soldate het vir Jesus weggevat om Hom te kruisig.

17. Jesus het self sy kruis gedra en Hy het uit die stad gegaan, na die Kopbeenplek. Die Hebreeuse naam van die plek is Golgota.

18. Daar het die soldate vir Jesus gekruisig. Hulle het twee ander mans saam met Hom gekruisig, een links langs Jesus en een regs langs Hom.

19. Pilatus het op ’n plank bo-aan die kruis laat skryf: “Hier hang Jesus van Nasaret, die koning van die Jode.”

20. Baie Jode het gelees wat daar geskryf was, want die plek waar die soldate vir Jesus gekruisig het, was naby die stad. Die woorde op die plank was in Hebreeus, Latyn en Grieks.

Lees volledige hoofstuk Johannes 19