Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 8:20-30 Bybel vir Almal (ABA)

20. Maar Petrus het vir hom gesê: “Gaan na die hel, jy én jou geld, omdat jy gedink het dat jy hierdie present van God met geld kan koop.

21. God kan jou nie gebruik in sy werk nie, want jou hart is nie reg voor God nie.

22. Jy moet hierdie slegte dinge wat jy dink, los en jy moet vir die Here vra of Hy jou sal vergewe omdat jy so verkeerd dink.

23. Want ek sien dat jy baie jaloers is en dat slegte gedagtes jou vashou.”

24. Toe sê Simon: “Julle moet vir my bid tot die Here sodat niks met my gebeur nie, niks van die dinge wat julle gesê het nie.”

25. Die apostels het aangehou preek en hulle het die boodskap van die Here gebring. Toe het hulle teruggegaan na Jerusalem. Op die pad na Jerusalem het hulle in baie dorpies van die Samaritane die goeie boodskap gebring.

26. ’n Engel van die Here het met Filippus gepraat. Hy het gesê: “Jy moet gereedmaak en jy moet na die suide gaan, na die pad wat van Jerusalem na die stad Gasa gaan. Dit is ’n stil pad.”

27. Filippus het toe gereedgemaak en hy het gegaan. Hy sien toe op daardie pad ’n man van die land Etiopië, die man was ontman en hy was ’n amptenaar van die kandake, die koningin van Etiopië. Die amptenaar moes kyk dat alles goed gaan met die koningin se geld. Die amptenaar het na Jerusalem gekom om te aanbid.

28. Maar nou was hy op die pad terug huis toe. Hy het op sy wa gesit en hy het gelees uit die boek van die profeet Jesaja.

29. Die Heilige Gees het vir Filippus gesê: “Jy moet nader gaan tot by die wa.”

30. Toe Filippus naby die wa kom, hoor hy dat die man lees uit die boek van die profeet Jesaja. Filippus vra toe vir hom: “Verstaan jy wat jy lees?”

Lees volledige hoofstuk Handelinge 8