hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28

Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 8 Bybel vir Almal (ABA)

1. Saulus het gedink dit is reg dat hulle vir Stefanus vermoor het.Op daardie dag het die Joodse leiers begin om baie slegte dinge te doen aan die kerk in Jerusalem. Al die gelowiges het gevlug na plekke in Judea en Samaria. Maar die apostels het in Jerusalem gebly.

Die Jode en Saulus doen slegte dinge aan die kerk

2. Daar was manne wat lief was vir die Here en wat Hom gedien het soos Hy wil hê. Hierdie manne het vir Stefanus begrawe. En hulle het baie gehuil en getreur oor hom.

3. Saulus het probeer om die gemeente dood te maak. Hy het in die huise ingegaan en hy het mans en vroue weggesleep en in die tronk gegooi.

Die gelowiges en apostels bring die goeie boodskap in Samaria

4. Die gelowiges wat gevlug het, het oral die goeie boodskap gebring.

5. Filippus het na ’n stad in die provinsie Samaria gegaan. Hy het vir die mense die boodskap oor Christus gebring.

6. Toe die mense hoor wat hy preek, en toe hulle die tekens sien wat hy doen, het hulle almal saam goed geluister na die dinge wat Filippus gesê het.

7. Baie mense het onrein geeste in hulle gehad, en die geeste het hard geskree wanneer hulle uit die mense uitgaan. En baie mense wat lam en kreupel was, het gesond geword.

8. Die mense van daardie stad was baie bly.

9. Daar het ’n man in die stad gewoon, sy naam was Simon. Hy kon toor en die mense van Samaria het gedink hy doen wonderlike dinge. Simon het self gesê dat hy baie belangrik is.

10. Al die mense, die kinders en die grootmense, het ook gedink dat hy baie belangrik is. Hulle het gesê: “Hierdie man is die Krag van God, die mense noem hom ‘Die Groot Krag van God.’ ”

11. Hulle het gedink dat Simon baie belangrik is omdat hy ’n lang tyd getoor het en die mense het gedink dat dit wonderlik is.

12. Maar toe het Filippus gekom en hy het die goeie boodskap gebring dat God Koning is, die boodskap oor die Naam van Jesus Christus. Toe het die mense vir Filippus begin glo, en hulle is gedoop, die mans én die vroue.

13. Simon het self ook begin glo. Nadat hy gedoop is, het hy die hele tyd by Filippus gebly. Hy het die tekens en wonderwerke gesien wat gebeur het, en hy was baie verbaas.

14. Die apostels in Jerusalem het gehoor dat die mense in Samaria die boodskap van God aanvaar het. Hulle het toe vir Petrus en Johannes na Samaria gestuur.

15. Petrus en Johannes het gegaan en hulle het gebid dat die mense die Heilige Gees kan kry.

16. Want die Heilige Gees het toe nog nie in een van hulle gekom nie. Hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus.

17. Petrus en Johannes het toe hulle hande op die mense gesit, en die mense het die Heilige Gees gekry.

18. Toe Simon sien dat die apostels hulle hande op mense sit en dat die mense dan die Heilige Gees kry, wou hy vir die apostels geld gee.

19. Hy het gesê: “Gee vir my ook hierdie krag. Dan kan ek ook my hande op iemand sit sodat hy die Heilige Gees kan kry.”

20. Maar Petrus het vir hom gesê: “Gaan na die hel, jy én jou geld, omdat jy gedink het dat jy hierdie present van God met geld kan koop.

21. God kan jou nie gebruik in sy werk nie, want jou hart is nie reg voor God nie.

22. Jy moet hierdie slegte dinge wat jy dink, los en jy moet vir die Here vra of Hy jou sal vergewe omdat jy so verkeerd dink.

23. Want ek sien dat jy baie jaloers is en dat slegte gedagtes jou vashou.”

24. Toe sê Simon: “Julle moet vir my bid tot die Here sodat niks met my gebeur nie, niks van die dinge wat julle gesê het nie.”

25. Die apostels het aangehou preek en hulle het die boodskap van die Here gebring. Toe het hulle teruggegaan na Jerusalem. Op die pad na Jerusalem het hulle in baie dorpies van die Samaritane die goeie boodskap gebring.

Filippus en die Etiopiër

26. ’n Engel van die Here het met Filippus gepraat. Hy het gesê: “Jy moet gereedmaak en jy moet na die suide gaan, na die pad wat van Jerusalem na die stad Gasa gaan. Dit is ’n stil pad.”

27. Filippus het toe gereedgemaak en hy het gegaan. Hy sien toe op daardie pad ’n man van die land Etiopië, die man was ontman en hy was ’n amptenaar van die kandake, die koningin van Etiopië. Die amptenaar moes kyk dat alles goed gaan met die koningin se geld. Die amptenaar het na Jerusalem gekom om te aanbid.

28. Maar nou was hy op die pad terug huis toe. Hy het op sy wa gesit en hy het gelees uit die boek van die profeet Jesaja.

29. Die Heilige Gees het vir Filippus gesê: “Jy moet nader gaan tot by die wa.”

30. Toe Filippus naby die wa kom, hoor hy dat die man lees uit die boek van die profeet Jesaja. Filippus vra toe vir hom: “Verstaan jy wat jy lees?”

31. Die man sê: “Hoe kan ek dit verstaan? Iemand moet dit vir my verduidelik.”Toe sê hy Filippus moet op die wa klim en hy moet langs hom kom sit.

32. Hy het hierdie deel van die Ou Testament gelees: Hy was soos ’n skaapwanneer iemand dit wil slag,soos ’n skaap-lam wanneeriemand sy wol afskeer.Hy het stilgebly,hy het nie sy mondoopgemaak nie.

33. Hulle het slegte dinge gedoenaan hom,hulle het nie reg gedoenaan hom nie.Hy kan nie ’n nageslag hê nie,want sy lewe op die aardeis verby.

34. Die amptenaar vra toe vir Filippus: “Ek vra mooi vir jou, oor wie praat die profeet so? Praat hy oor homself of oor iemand anders?”

35. Toe begin Filippus om die goeie boodskap oor Jesus vir die man te verduidelik. Hy het begin by hierdie deel van die Ou Testament.

36. Toe hulle verder ry, kom hulle by water. En die amptenaar sê: “Kyk, daar is water. Hoekom mag ek nie gedoop word nie? Is daar iets wat keer?”

38. Die amptenaar het gesê die wa moet stop. Filippus en die amptenaar het afgeklim tot in die water, en Filippus het hom gedoop.

39. Toe hulle uit die water kom, het die Gees van die Here vir Filippus weggeneem en die amptenaar het hom nie weer gesien nie. Die amptenaar het toe verder gegaan en hy was toe gelukkig.

40. Filippus was later in die stad Asdod. Hy het na verskillende plekke gegaan en hy het die goeie boodskap gebring in al die stede totdat hy in die hawestad Sesarea gekom het.