Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 7:6-19 Bybel vir Almal (ABA)

6. God het gesê: ‘Abraham se nageslag sal vreemdelinge wees in ’n vreemde land. Die mense van daardie land sal Abraham se nageslag slawe laat word, en die mense sal slegte dinge doen aan hulle, 400 jaar lank.

7. Maar Ek sal die mense straf wat Abraham se nageslag slawe laat word het.’ God het ook gesê: ‘En nadat dit gebeur het, sal Abraham se nageslag wegtrek en hulle sal My dien in hierdie land.’

8. Toe het God ’n verbond gemaak met Abraham, dit was die besnydenis. Daarom, toe Abraham die pa geword het van Isak, het hy vir Isak besny toe Isak ag dae oud was. En Isak het ook vir Jakob besny, en Jakob het dieselfde gedoen met die voorvaders van die twaalf stamme.

9. “En die voorvaders was jaloers op Josef. Daarom het hulle hom verkoop aan mense van Egipte. Maar God was by Josef.

10. God het vir Josef gered toe hy swaargekry het. Hy het vir Josef só baie wysheid gegee dat die farao, die koning van Egipte, baie van Josef gehou het. Die farao het vir Josef die regeerder gemaak oor Egipte en oor die farao se hele paleis.

11. Toe het dit baie droog geword in die hele Egipte en Kanaän. Die mense het baie swaar gekry, en ons voorvaders kon ook nie kos kry nie.

12. Jakob het gehoor dat daar kos is in Egipte. Hy stuur toe ons voorvaders die eerste maal daarnatoe.

13. Toe hulle die tweede maal in Egipte kom, het Josef vir sy broers gesê wie hy is. Toe het die farao ook gehoor van Josef se familie.

14. Josef het toe ’n boodskap gestuur en hy het gesê sy pa Jakob en die hele familie moet na Egipte kom. Hulle was 75 mense.

15. Jakob het toe afgegaan na Egipte. Hy en ons voorvaders het later daar gesterf.

16. Die Israeliete het die liggaam van Jakob en die liggame van die voorvaders teruggeneem na die stad Sigem, en hulle het die liggame begrawe in die graf wat Abraham gekoop het by die nageslag van Hemor in Sigem.

17. “Die tyd het gekom dat God sou doen wat Hy vir Abraham belowe het. Die Israeliete het toe al klaar ’n groot volk geword in Egipte, hulle was baie mense.

18. ’n Ander man het later koning geword in Egipte. Hy het nie vir Josef geken nie.

19. Hierdie koning het ’n skelm plan gemaak teen ons volk. Hy het slegte dinge gedoen aan ons voorvaders. Hy het gesê hulle moet hulle babas buite neersit sodat die babas kan sterf.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 7