Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 7:41-48 Bybel vir Almal (ABA)

41. Toe het hulle ’n beeld van ’n kalf gemaak, en hulle het offers gebring vir die afgod. Hulle was baie bly oor die beeld wat hulle met hulle hande gemaak het en hulle het feesgevier.

42. Maar God het hulle gelos, Hy het hulle nie meer gekeer wanneer hulle die sterre wou aanbid nie. Dit is wat geskryf is in die boek van die profete:“Mense van Israel,het julle vir My brand-offersen ander offers gebringtoe julle 40 jaar lankin die woestyn was?

43. Nee, julle het nie!Julle het die tentvan Molek saamgeneemen die ster van julle god Refan.Julle het hierdie beelde gemaakom te aanbid.Daarom sal Ek julle wegstuurtot anderkant Babilon.

44. “Ons voorvaders het die tent en die tien gebooie wat daarin was, by hulle in die woestyn gehad. God het vir Moses gesê om die tent te maak. Dit moes dieselfde lyk soos die tent wat God vir Moses gewys het.

45. Ons voorvaders het hierdie tent gekry en hulle het dit in hierdie land ingebring. Dit het gebeur toe Josua die land oorwin en gevat het. God het die volke wat daar woon, weggejaag sodat ons voorvaders daar kon woon. Die tent het in die land gebly tot in die tyd toe Dawid gelewe het.

46. God was goed vir Dawid, en Dawid het vir God gevra of hy vir Hom ’n woonplek kan bou sodat Jakob se nageslag daar vir God kan dien.

47. Maar dit was Dawid se seun Sálomo wat ’n tempel gebou het vir God.

48. Maar God wat in die hoogste hemel woon, woon nie in tempels nie, want dit is mense wat tempels bou. Dit is wat die profeet sê:

Lees volledige hoofstuk Handelinge 7