Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 13:34-49 Bybel vir Almal (ABA)

34. “Ons wil ook vir julle die goeie boodskap bring dat God vir Jesus wat gesterf het, weer laat lewe het en dat Jesus nie weer sal sterf nie. God het dit so in die Ou Testament gesê:“Ek sal vir julle die dinge geewat Ek vir Dawid belowe het,en julle moet weet dat die dingewat Ek belowe het, waar is.

35. “Daarom sê Dawid ook in ’n ander Psalm:“Ek is aan U gewy,U sal my nie laat sterf nie.

36. “Dawid het sy mense gedien soos God besluit het, en toe het hy gesterf. Hulle het vir Dawid begrawe by sy voorvaders en daar het niks van hom oorgebly nie, sy liggaam het stof geword.

37. Maar God het vir Jesus wat gesterf het, weer laat lewe, en sy liggaam het nie stof geword nie.

38. Vriende, Jesus het dit alles gedoen, en daarom moet julle weet dat ons vir julle kan preek dat God sondes vergewe. Die Wette van Moses kon julle nie vryspreek nie, maar God vergewe ook al hierdie sondes.

39. En God spreek elkeen vry wat in Jesus glo.

40. Julle moet nou oppas dat die dinge wat die profete gesê het, nie met julle gebeur nie. Hulle het gesê:

41. “Julle wat dink dat die Herenie belangrik is nie,julle moet kyk na watsal gebeur,julle moet verbaas weesen verdwynwant Ék sal nou iets doen,iets wat julle nie sal glowanneer iemand dit vir jullevertel nie.”

42. Terwyl Paulus en Barnabas uit die sinagoge gegaan het, het die mense hulle gevra om op die volgende Sabbatdag weer oor hierdie dinge te praat.

43. En toe die vergadering in die sinagoge klaar was, het baie van die Jode en die ander mense saam met Paulus en Barnabas gegaan. Die ander mense het vir God gerespekteer omdat hulle die Jode se godsdiens aanvaar het. En Paulus en Barnabas het met hulle gepraat en vir hulle gesê hulle moet aanhou om te glo in die boodskap van God se genade.

44. Die volgende Sabbatdag het amper al die mense in die stad saamgekom om te luister na die boodskap van die Here.

45. Toe die Jode die baie mense sien, was hulle baie jaloers. Hulle het sleg gepraat van Paulus en hulle het elke maal met hom gestry oor die dinge wat hy gesê het.

46. Maar Paulus en Barnabas was nie bang nie en hulle het gesê: “Dit was reg dat ons eers vir júlle die boodskap van God moes bring. Maar omdat julle dit nie glo nie, wys julle dat julle nie goed genoeg is om die ewige lewe te kry nie. Daarom gaan ons nou na die heidene.

47. Want die Here het hierdie woorde vir ons gesê:“Ek het jou gekies en aangestelom ’n lig te weesvir die ander volke,en jy moet vir hulle verteldat Ek al die menseop die aarde wil red.”

48. Toe die heidene hoor wat Paulus en Barnabas gesê het, was hulle baie bly en hulle het die Here geprys oor sy boodskap vir hulle. Die Here het mense gekies om die ewige lewe te kry, en al daardie mense het begin glo.

49. Meer en meer mense rondom die stad Antiogië in Pisidië het die boodskap van die Here gehoor.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 13