Ou Testament

Nuwe Testament

Galasiërs 3:9-16 Bybel vir Almal (ABA)

9. Daarom moet julle dit weet: God het vir Abraham geseën en God seën almal wat glo soos Abraham glo.

10. Daar is mense wat dink God spreek hulle vry omdat hulle doen wat die wette sê, maar God vervloek hulle. Want in die Ou Testament is geskryf: God vervloek elkeenwat nie alles doenwat in die wette geskryf is nie.

11. Ja, dit is waar. God spreek nie mense vry omdat hulle doen wat die wette sê nie. As mense doen wat die wette sê, dan spreek God hulle nie vry nie. Want in die Ou Testament is geskryf: Wanneer God mense vryspreekomdat hulle glo,dan sal hulle lewe.

12. Die wette vra nie dat mense moet glo nie, die wette vra dat die mense moet doen wat die wette sê. Want in die Ou Testament is geskryf: Elkeen wat doenwat die wette sê,sal lewe omdat hydit gedoen het.

13. Ja, God vervloek almal wat nie doen wat die wette sê nie. Maar God het ons nie vervloek nie, Hy het Christus vervloek in ons plek. Want in die Ou Testament is geskryf: God vervloek elkeenwat aan ’n houtpaal hang.En so het Christus ons vrygemaak.

14. Daarom kon die heidene God se seën kry, die seën wat Hy vir Abraham belowe het en wat Hy nou vir hulle gee omdat hulle aan Christus Jesus behoort. Daarom kon ons wat glo, die Heilige Gees kry, die Gees wat God vir ons belowe het.

15. Vriende, ek gaan nou ’n voorbeeld gebruik om te verduidelik wat ek sê: Wanneer ’n mens ’n testament gemaak het, dan kan iemand anders dit nie verander of sê dit beteken niks nie.

16. Dit is dieselfde met die verbond. In die Ou Testament is geskryf dat God ’n belofte gemaak het aan Abraham en aan sy nageslag. Daar is nie geskryf “baie nageslagte” nie, maar “een nageslag,” en dit is Christus.

Lees volledige hoofstuk Galasiërs 3