Ou Testament

Nuwe Testament

Galasiërs 1:8-13 Bybel vir Almal (ABA)

8. Niemand mag vir julle iets anders preek nie, hy mag net die goeie boodskap preek wat ek gepreek het. Ek mag nie ’n ander boodskap preek nie, en ’n engel uit die hemel mag ook nie. As iemand dit doen, dan sal God hom straf!

9. Ek sê weer vir julle: Julle het die goeie boodskap by my gehoor, en God sal elkeen straf wat ’n ander boodskap preek!

10. Daar is mense wat sê ek gebruik mooi woorde sodat mense of God moet dink ek is goed. Hulle sê ek probeer dinge sê waarvan mense hou. Dit is nie waar nie. As ek dit doen, dan is ek nie ’n dienaar van Christus nie.

11. Vriende, dit is vir my baie belangrik dat julle dít moet besef: Die goeie boodskap wat ek preek, kom nie van mense nie.

12. Ek het die boodskap nie by mense gekry nie, ek het dit ook nie by iemand geleer nie. Jesus Christus het dit self vir my gegee toe Hy aan my verskyn het.

13. Julle het gehoor hoe ek voorheen gelewe het toe ek net die Joodse godsdiens geken het. Ek het baie baie slegte dinge gedoen aan die kerk van God, ek het probeer om die mense van die kerk dood te maak.

Lees volledige hoofstuk Galasiërs 1