Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korintiërs 6:2-9 Bybel vir Almal (ABA)

2. Want God het gesê:“Toe die tyd reg was vir My,het Ek gehoor hoe jy bid.Ja, toe die dag gekom het,die dag toe Ek jou wou red,het Ek jou gehelp.”Julle moet weet dit is nóú die regte tyd, dit is nóú die dag wanneer God julle wil red.

3. Ons wil nie hê dat iemand slegte dinge moet dink van ons nie, sodat niemand sleg sal praat oor die werk wat ons vir God doen nie.

4. Julle kan glo dat ons altyd dienaars van God is. Ons hou aan om vir God te werk wanneer ons swaarkry, wanneer ons bang is, wanneer ons probleme het,

5. wanneer mense ons slaan, wanneer ons in die tronk is, wanneer mense vir ons probleme gee, wanneer ons hard moet werk, wanneer ons nie kan slaap nie, wanneer ons honger is.

6. Ons hou aan om hierdie werk te doen omdat ons eerlik is, omdat ons weet hoe om reg te lewe, omdat ons geduldig is, omdat ons goed wil wees vir mense, omdat die Heilige Gees by ons is, omdat ons regtig lief is vir mense.

7. Ons hou aan om die werk te doen terwyl ons die waarheid praat oor Jesus, en terwyl God ons help met sy krag. Ons doen wat God wil hê, dit is die wapens waarmee ons veg. Ons gebruik hierdie wapens wanneer ons aanval en wanneer ons verdedig.

8. Ons hou aan om die werk te doen wanneer mense goeie dinge oor ons sê en wanneer mense slegte dinge oor ons sê, ons hou aan wanneer hulle dink ons is nie belangrik nie en wanneer hulle dink ons is baie belangrik. Mense sê ons vertel leuens, maar ons praat die waarheid.

9. Party mense wil nie glo dat ons apostels is nie, maar party mense glo dat ons apostels is. Mense doen baie slegte dinge aan ons, ons sterf amper, maar ons lewe nog. Mense hou aan om ons te straf, maar hulle kan ons nie doodmaak nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Korintiërs 6