Ou Testament

Nuwe Testament

1 Timoteus 6:18-21 Bybel vir Almal (ABA)

18. Die ryk mense moet goeie dinge doen, ja, hulle moet baie goeie dinge doen. Dit is hoe hulle ryk moet wees. Hulle moet baie graag van hulle eie goed vir ander mense gee.

19. Wanneer hulle dit doen, dan maak hulle vir hulle goed bymekaar wat later soos ’n vaste fondament sal wees. Hulle moet dit alles doen sodat hulle die ware lewe kan kry.

20. Timoteus, God het baie dinge vir jou gegee, jy moet dit goed oppas, en jy moenie luister na die stories van mense wat niks weet van God nie. Hulle praat baie, maar die dinge wat hulle sê, beteken niks. Hulle stry altyd met mekaar en hulle sê hulle weet die regte dinge, maar dit is nie waar nie.

21. Die mense wat hierdie dinge sê, het opgehou om te glo.Ek bid dat God genadig sal wees vir julle.

Lees volledige hoofstuk 1 Timoteus 6