Ou Testament

Nuwe Testament

1 Timoteus 6:15-17 Bybel vir Almal (ABA)

15. Hy sal op die regte tyd kom. God sal dit laat gebeur. Ons moet God prys, dit is net Hy wat regeer. Hy is die Koning van die konings, Hy is die Here van almal wat regeer.

16. Dit is net Hy wat nooit sterf nie, Hy woon in ’n lig wat so blink dat niemand naby Hom kan kom nie. Niemand het vir God gesien nie, nooit nie, en niemand kán Hom sien nie. Ons bid dat die mense altyd vir God sal eer, God wat altyd sterk is. Amen.

17. Daar is mense wat nou ryk is in hierdie wêreld. Jy moet vir hulle sê hulle moenie hoogmoedig wees nie. En hulle moenie dink dat geld en rykdom hulle altyd sal help nie. ’n Mens kan nooit seker wees dat jy altyd ryk sal wees nie. Nee, hulle moet seker weet dat God vir ons alles sal gee wat ons nodig het. Ja, Hy gee vir ons nog meer sodat ons dit kan geniet.

Lees volledige hoofstuk 1 Timoteus 6