Ou Testament

Nuwe Testament

1 Timoteus 4:1-10 Bybel vir Almal (ABA)

1. Maar die Heilige Gees sê baie duidelik dat party mense in hierdie laaste dae van die wêreld sal ophou glo. Dit sal gebeur omdat hulle luister na bose geeste wat vir hulle verlei, en hulle doen dinge wat duiwels vir hulle leer.

2. Die mense wat daardie dinge vir die gelowiges leer, is skynheilig en hulle vertel leuens. Hulle wil nie weet wat reg is en wat verkeerd is nie.

3. Hierdie mense sê mense moenie trou nie en hulle moenie party soorte kos eet nie. Maar God het al die soorte kos gemaak sodat mense die kos mag eet en vir Hom dankie kan sê daarvoor. Dit is die mense wat in Christus glo en wat weet dat die boodskap van Christus waar is.

4. Elke ding wat God gemaak het, is goed, en as mense vir God dankie sê vir die kos wat hulle van Hom kry, dan mag hulle al die soorte kos eet.

5. Al die dinge wat God gemaak het, is goed. God het dit self gesê. En as julle vir Hom dankie sê vir die kos wat van Hom kom, dan is die kos goed.

6. Jy moet aanhou om vir die gelowiges te sê hulle moet die dinge onthou wat ek nou vir jou geskryf het. Dan sal jy ’n goeie dienaar van Christus Jesus wees omdat jy aanhou om te luister na die boodskap oor die geloof wat jy geleer het. Die boodskap is waar, en jy het begin lewe soos jy geleer het.

7. Daar is mense wat niks van God weet nie, mense wat self stories maak en vertel, stories wat niks beteken nie. Jy moenie na hulle stories luister nie. Jy moet oefen om God altyd beter te dien.

8. Wanneer ’n mens jou liggaam oefen, dan help dit ’n bietjie. Maar wanneer ’n mens oefen om vir God beter te dien, dan help dit heeltemal, want God belowe om vir ’n mens die ewige lewe te gee, nou en in die tyd wat later kom.

9. Wat ek nou gesê het, is waar, en jy kan dit glo.

10. Daarom werk ons baie hard. Ons weet dat die God wat lewe, vir ons sal help, en ons weet dat Hy sal doen wat Hy belowe het. Hy wil al die mense red, spesiaal die mense wat in Hom glo.

Lees volledige hoofstuk 1 Timoteus 4