Ou Testament

Nuwe Testament

1 Timoteus 1:8-13 Bybel vir Almal (ABA)

8. Ons weet dat die Wette van Moses goed is as ’n mens dit reg gebruik soos ’n mens dit moet gebruik.

9. Ons weet dat God nie die wette gegee het vir mense wat self doen wat die wette sê nie. Vir wie het God die wette gegee? Hy het dit gegee vir mense wat nie wil luister na die wette nie en wat opstandig is teen die wette. Hy het die wette gegee vir mense wat nie dink aan God nie en wat sondaars is, vir mense wat nie vir God aanbid of dien nie en wat wêreldse mense is, vir mense wat hulle ouers vermoor en vir ander moordenaars.

10. God het die wette gegee vir mense wat onsedelik lewe, vir mans wat met mans onsedelike dinge doen, vir mense wat ander mense vang en hulle verkoop om slawe te wees, vir mense wat lieg en in die hof leuens vertel. Die wette is vir mense wat dinge doen wat verkeerd is, hulle doen niks wat ’n mens móét doen nie, hulle doen niks van die goeie dinge wat ons geleer het nie.

11. Ons het dinge geleer wat pas by die goeie boodskap van God wat Koning is. Ons moet altyd vir God prys. God het die goeie boodskap vir my gegee om vir julle te bring.

12. Ek sê dankie vir Christus Jesus, ons Here, want Hy het vir my die krag gegee om my werk te doen. Ek sê ook vir Hom dankie dat Hy gedink het ek sal doen wat Hy wil hê, dankie dat Hy vir my die werk gegee het om die goeie boodskap te bring.

13. Voordat ek ’n gelowige geword het, het ek slegte dinge gesê van Christus, ek het die mense van sy kerk verdruk en beledig. Maar Christus was genadig vir my, omdat ek daardie dinge gedoen het toe ek nog nie in Hom geglo het nie, ek het nie geweet dat ek verkeerd doen nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Timoteus 1