Ou Testament

Nuwe Testament

1 Tessalonisense 5:10-14 Bybel vir Almal (ABA)

10. Dit maak nie saak of ons nog lewe en of ons al klaar dood is wanneer Hy weer kom nie. Hy het gesterf om ons te red, daarom sal ons ook saam met Hom lewe.

11. Daarom moet julle mekaar help om nie moedeloos te word nie en om sterk te wees, soos julle al klaar doen.

12. Vriende, ons vra vir julle dat julle die leiers moet respekteer wat hard werk daar by julle. Want hulle lei julle soos die Here wil hê, en hulle leer vir julle van Hom.

13. Julle moet julle leiers respekteer en baie lief wees vir hulle, want hulle doen belangrike werk. Julle moet só lewe dat daar vrede is tussen julle.

14. Vriende, ons vra vir julle baie mooi, julle moet ernstig praat met die mense wat lui is. Julle moet die mense wat maklik moedeloos word, help en bemoedig. Julle moet die mense help wat nie sterk glo nie. Julle moet geduldig wees met almal.

Lees volledige hoofstuk 1 Tessalonisense 5