Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 1:22-28 Bybel vir Almal (ABA)

22. Die Jode wil wondertekens sien en die Grieke wil slim dinge hoor,

23. maar ons bring ’n boodskap dat Christus aan ’n kruis gesterf het. Vir die Jode is dit ’n groot probleem, en vir die heidene is dit iets wat dom lyk.

24. Maar God het mense gekies, Jode én Grieke, en vir húlle is Christus die Een wat wys dat God sterk is en dat Hy wysheid het.

25. Want die mense van die wêreld sê die boodskap oor Christus is iets wat dom lyk, maar die boodskap wys dat God meer wysheid het as die mense. En die mense van die wêreld sê God het gewys dat Hy swak is toe Hy Christus laat sterf het aan die kruis, maar toe God dit gedoen het, het Hy gewys dat Hy sterker is as die mense.

26. Vriende, God het julle gekies. Maar kyk wie is julle. Julle is nie slim of belangrik nie, en julle kom nie uit belangrike families nie.

27. Daar is dinge wat dom lyk vir die mense van die wêreld, maar God het daardie dinge gekies om die slim mense te laat verstaan dat hulle niks weet nie. En daar is dinge wat onbelangrik lyk vir die mense van die wêreld, maar God het daardie dinge gekies om die belangrike mense te laat besef dat hulle nie belangrik is nie.

28. En daar is dinge wat vir die mense van die wêreld niks beteken nie, hulle dink dit is onbelangrik, hulle dink dit is niks. Maar God het daardie dinge gekies om te wys dat dit vir Hom anders is: Die dinge wat baie belangrik is vir die mense van die wêreld, beteken nou niks.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 1