Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 2:9-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. en hy is begrawe op sy grond in Timnat-Geres op die Efraimsberge noord van Gaäsberg.

10. Al die mense van sy leeftyd het gesterf, en die volgende geslag se mense het nie die Here geken nie. Hulle het ook nie geweet van sy groot dade wat Hy gedoen het om vir Israel te help nie.

11. Die Israeliete het toe gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here: hulle het die Baäls gedien.

12. Hulle het opgehou om die Here die God van hulle voorvaders, wat hulle uit Egipte laat trek het, te dien. Hulle het ander gode begin dien, van die gode van die nasies in die omgewing. Die Israeliete het hierdie gode aanbid en die Here getart.

13. Hulle het opgehou om die Here te dien en hulle het die Baäls en die Astartes gedien.

14. Toe het die Here kwaad geword vir Israel en hulle oorgegee in die mag van roofbendes deur wie Israel beroof is. Die Here het hulle ook uitgelewer aan die vyande in die omgewing. Die Israeliete kon nie meer teen hulle vyande standhou nie.

15. In watter rigting die Israeliete ook al gaan veg het, die Here het hulle teëgestaan. Dit is wat Hy voorheen vir hulle met 'n eed bevestig het. Die Israeliete het baie swaar gekry.

Lees volledige hoofstuk Rigters 2