hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66
  67. 67
  68. 68
  69. 69
  70. 70
  71. 71
  72. 72
  73. 73
  74. 74
  75. 75
  76. 76
  77. 77
  78. 78
  79. 79
  80. 80
  81. 81
  82. 82
  83. 83
  84. 84
  85. 85
  86. 86
  87. 87
  88. 88
  89. 89
  90. 90
  91. 91
  92. 92
  93. 93
  94. 94
  95. 95
  96. 96
  97. 97
  98. 98
  99. 99
  100. 100
  101. 101
  102. 102
  103. 103
  104. 104
  105. 105
  106. 106
  107. 107
  108. 108
  109. 109
  110. 110
  111. 111
  112. 112
  113. 113
  114. 114
  115. 115
  116. 116
  117. 117
  118. 118
  119. 119
  120. 120
  121. 121
  122. 122
  123. 123
  124. 124
  125. 125
  126. 126
  127. 127
  128. 128
  129. 129
  130. 130
  131. 131
  132. 132
  133. 133
  134. 134
  135. 135
  136. 136
  137. 137
  138. 138
  139. 139
  140. 140
  141. 141
  142. 142
  143. 143
  144. 144
  145. 145
  146. 146
  147. 147
  148. 148
  149. 149
  150. 150

Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 132 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die Here het 'n eed teenoor Dawid afgelê

1. 'n Pelgrimslied.Dink tog aan Dawid, Here,aan alles wat hy deurgemaak het,

2. aan die eed wat hy teenoor die Here afgelê het,sy gelofte aan die magtige God van Jakob:

3. “Ek sal nie in my slaapkamer ingaan nieen nie op die bed wat vir my reggemaak is, gaan lê nie,

4. ek sal my geen slaap gun nie,en sal nie eens insluimer nie,

5. totdat ek 'n plek vir die Here gereed gemaak het,'n woning vir die magtige God van Jakob!”

6. Ons het van die verbondsark gehoor in Efrata,ons het dit gevind in die Jaärsveld.

7. Kom ons gaan sy woning binne,kom ons buig daar in aanbidding voor Hom.

8. Kom na u rusplek toe, Here,U en die ark, die teken van u mag.

9. Gee aan u priesters die oorwinning,laat u troue dienaars juig.

10. Ter wille van u dienaar Dawid,moet tog nie u gesalfde verstoot nie.

11. Die Here het 'n eed teenoor Dawid afgelê,en dit staan vas, Hy sal daarvan nie afwyk nie:“Ek sal een van jou eie seuns in jou plek laat koning word.

12. As jou nakomelinge hulle aan my verbond houen aan die verordeninge wat Ek hulle leer,sal ook hulle seuns vir altyd op jou troon heers.”

13. Ja, die Here het Sion gekiesen dit vir Hom as woning begeer:

14. “Dit is my rusplek vir altyd;hier wil Ek woon, dit is my begeerte.

15. Ek sal Sion ryklik seën met wat hy nodig het,aan sy armes voedsel in oorvloed skenk.

16. Ek sal aan sy priesters die oorwinning geeen my troue dienaars sal juig.

17. Daar sal Ek die heerskappy vir Dawid vestig,vir my gesalfde 'n nageslag op die troon verseker.

18. Sy vyande sal Ek magteloos laat toekyk,maar sý kroon sal bly skitter.”