Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 4:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Daar kom 'n tyd dat die bergwaarop die huis van die Here is,'n blywende plek sal hê bokant die bergtoppeen sal uitstaan bo die heuwels.Die volke sal daarheen stroom,

2. baie nasies sal daarnatoe gaan en sê:“Kom, laat ons optrek na die berg van die Here toe,na die huis van die God van Jakobsodat Hy ons sy wil kan leeren ons daarvolgens kan lewe,want uit Sion kom die openbaring,uit Jerusalem die woord van die Here.”

3. Hy sal oordeel tussen baie volke,regspreek oor sterk nasies wat ver weg woon.Hulle sal van hulle swaarde ploegskare smeeen van hulle spiese snoeiskêre.Die een nasie sal nie meer die swaard teen die ander opneem nie,en hulle sal nie meer leer om oorlog te maak nie.

4. Elke man sal onder sy eie wingerd sit,ongesteurd onder sy vyeboom.Die Here die Almagtige het dit gesê.

5. Elke nasie kan maar lewe in die naam van sy god,ons sal vir altyd in die Naam van die Here ons God lewe.

6. Daardie dag, sê die Here,sal Ek dié wat kreupel is, bymekaarmaak,sal Ek dié wat verstrooi is, vergader,en ook dié wat Ek met rampe getref het.

7. Ek sal die kreupeles die oorblyfsel maak,die siekes 'n sterk nasie.Ek, die Here, sal op Sionsberg oor hulle heers,nou en vir altyd.

Lees volledige hoofstuk Miga 4