hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7

Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 4 Afrikaans 1983 (AFR83)

Uit Sion kom die openbaring

1. Daar kom 'n tyd dat die bergwaarop die huis van die Here is,'n blywende plek sal hê bokant die bergtoppeen sal uitstaan bo die heuwels.Die volke sal daarheen stroom,

2. baie nasies sal daarnatoe gaan en sê:“Kom, laat ons optrek na die berg van die Here toe,na die huis van die God van Jakobsodat Hy ons sy wil kan leeren ons daarvolgens kan lewe,want uit Sion kom die openbaring,uit Jerusalem die woord van die Here.”

3. Hy sal oordeel tussen baie volke,regspreek oor sterk nasies wat ver weg woon.Hulle sal van hulle swaarde ploegskare smeeen van hulle spiese snoeiskêre.Die een nasie sal nie meer die swaard teen die ander opneem nie,en hulle sal nie meer leer om oorlog te maak nie.

4. Elke man sal onder sy eie wingerd sit,ongesteurd onder sy vyeboom.Die Here die Almagtige het dit gesê.

5. Elke nasie kan maar lewe in die naam van sy god,ons sal vir altyd in die Naam van die Here ons God lewe.

6. Daardie dag, sê die Here,sal Ek dié wat kreupel is, bymekaarmaak,sal Ek dié wat verstrooi is, vergader,en ook dié wat Ek met rampe getref het.

7. Ek sal die kreupeles die oorblyfsel maak,die siekes 'n sterk nasie.Ek, die Here, sal op Sionsberg oor hulle heers,nou en vir altyd.

Hulle ken nie die plan van die Here nie

8. Verlate vesting, Sionsheuwel,die beloftes aan jou sal vervul word:jy sal weer heers soos voorheen,Jerusalem sal weer die hoofstad wees.

9. Waarom skreeu jy so hard?Het jy nie 'n koning nie?Het jou raadgewer omgekomdat kraampyne jou oorval het?

10. Krul van die pyn, Sion, kry geboortepynesoos 'n vrou in kraam!Jy moet nou die stad verlaat,jy moet in die oop veld gaan woonen na Babel toe gaan.Daar sal jy gered word,daar sal die Here jou verlos uit die mag van jou vyande.

11. Nou moet baie nasies nog eers teen jou saamstaan,hulle sê:“Ons sal toekyk hoe Sion verontreinig word.”

12. Maar hulle ken nie die plan van die Here nie;hulle verstaan nie wat Hy besluit het nie:Hy het hulle soos gerwe op 'n dorsvloer bymekaargebring.

13. Maak klaar en dors die gerwe, Sion!Ek maak jou sterk:Ek gee vir jou bronsklouesodat jy baie nasies kan vermorsel.Jy sal aan die Here wy wat hulle buitgemaak het,al hulle besittings aan die Koning van die hele wêreld.

14. Jy is nou vasgevang, rowerstad!Ons word beleër!Die vyand sal die koning van Israelmet 'n kierie op die kakebeen slaan.