hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4

Ou Testament

Nuwe Testament

Maleagi 2 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die bevel wat julle ontvang het,priesters,

2. wat julle moet gehoorsaam en waarop julle ag moet slaan,is om my Naam te eer, sê die Here die Almagtige.As julle dit nie doen nie,sal Ek 'n vervloeking oor julle bringen 'n einde maak aan al julle voorspoed.Ek het dit trouens reeds gedoen,want julle het nie ag geslaan op my bevel nie.

3. Ek sal sorg dat julle nie 'n nageslag het nie,en Ek sal die pensmis van die dierewat deur julle geoffer word op die feeste,in julle gesigte spat,en julle sal saam met die pensmis weggedra word.

4. Dan sal julle besef dat Ek vir julle dié bevel gestuur hetsodat my verbond met Levi kan bly bestaan,sê die Here die Almagtige.

5. My verbond met Levi sou vir hom lewe en vrede bring,en dit het Ek hom gegee.Hy het My met eerbied gedienen vir my Naam ontsag gehad.

6. Hy het die volk my wil reg geleeren niks verdraai nie.Hy het naby My geleef, heelhartig en opreg,en hy het baie laat afsien van hulle sonde.

7. 'n Priester moet met kennis kan praat,daar word verwag dat hy die volk sal kan leer wat my wil is,want hy is 'n boodskapper van die Here die Almagtige.

8. Maar julle het die regte pad verlaat,julle het baie tot 'n val gebringmet wat julle hulle geleer het;julle het my verbond met Levi geskend,sê die Here die Almagtige.

9. Nou maak Ek julle ook veragen sonder aansien by die hele volk,want julle het nie my wil gedoen nie,julle was nie onpartydig in julle uitsprakeoor wat my wil is nie.

10. Ons het tog almal een Vader,ons is tog deur een God geskep!Waarom is die een dan ontrou aan die anderen ontwy hulle die verbond van God met ons voorvaders?

11. Juda was ontrou.Daar is iets afskuweliks gedoen in Israel, in Jerusalem.Juda het die heiligdom van die Here ontwy,die heiligdom waarvoor die Here lief is;die manne van Juda het met vrouens getrouwat in diens van 'n ander god staan.

12. Mag die Here elkeen wat nog iets te doen wil hêmet 'n man wat so 'n vrou trou,uit die gemeenskap van Jakob uitroei,ook al bring so 'n man nog offersvir die Here die Almagtige.

13. Daar is nog iets wat julle doen.Julle huil en kerm en sug by die altaar van die Hereomdat Hy nie meer julle offers wil aanneem nie,

14. en julle vra: “Waarom dan nie?”Dit is omdat die Here weet wat gebeur hettussen jou en die vrou met wie jy van jou jeug af getroud is:jy was ontrou aan haar,ontrou aan jou eie vrou,die vrou aan wie jy plegtig trou belowe het.

15. Die Here het man en vrou een gemaak,een in liggaam en gees.En waarom een?Omdat Hy wil hê dat daar 'n nageslag moet weeswat Hom eer.Beheers julle, moenie ontrou wees aan die vroumet wie jy van jou jeug af getroud is nie.

16. Die Here die God van Israelsê Hy haat egskeiding.Egskeiding is niks anders as geweld nie,sê die Here die Almagtige.Beheers julle, moenie ontrou wees nie.

Ek gaan nou my boodskapper stuur

17. Julle het die Here moeg gemaak met wat julle gesê het,en dan vra julle nog: “Waarmee het ons Hom moeg gemaak?”Julle het dit gedoen toe julle gesê het:“Vir die Here is almal wat verkeerd doen, goeie mense,Hy hou van hulle,” of toe julle gevra het:“Waar is die God wat reg moet laat geskied?”