hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4

Ou Testament

Nuwe Testament

Maleagi 4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die dag komen hy brand soos 'n oond.Dié wat teen God in opstand is,almal wat verkeerd doen, sal die kaf wees,en hulle sal verbrand word deur die dag wat kom,sê die Here die Almagtige.Daar sal van hulle nie 'n wortel, nie 'n tak oorbly nie.

2. Maar vir julle wat eerbied het vir my Naam,sal die son van redding skynmet genesing in sy strale.Julle sal vry word en bokspringsoos vetgemaakte kalwers.

3. Julle sal die goddeloses vertrapdat hulle soos stof onder julle voete worddie dag as Ek ingryp, sê die Here die Almagtige.

Ek gaan vir julle die profeet Elia stuur

4. Onthou die wet van my dienaar Moses,die voorskrifte en die bepalingswat Ek aan hom by Horeb gegee hetvir die hele Israel.

5. Ek gaan vir julle die profeet Elia stuurvoordat die dag van die Here kom,die groot, die verskriklike dag.

6. Elia sal vaders en kinders met mekaar versoensodat Ek nie hoef te komen die land heeltemal vernietig nie.