Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 1:5-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Daar is nie meer plekwaar nog aan julle geslaan kan word nie,en tog hou julle aan om van My af weg te draai.Die hele kop is vol seerplekkeen die hele gestel is verswak.

6. Van kop tot toneis daar nie een plek heel nie:dit is die ene kneusplekke, hale en rou wonde!Hulle is nie skoongemaak of verbindof met salf behandel nie.

7. Julle land is verwoes,julle stede is verbrand,voor julle oë verteer vreemdes julle landerye.Hulle het dit 'n verlate wêreld gemaak.

8. Soos 'n skerm in 'n wingerdhet Sion alleen oorgebly,soos die hut van 'n wagter in 'n komkommertuin.Sion is 'n beleërde stad.

9. As die Here die Almagtigenie 'n klompie van ons laat oorbly het nie,sou ons soos Sodom geword het,ons sou net soos Gomorra gewees het.

10. Luister na die woord van die Here, julle Sodomsleiers!Gee ag op wat ons God julle leer, julle Gomorrasvolk!

11. Wat het Ek aan julle baie offers? vra die Here.Ek is sat van die brandoffers van rammeen die vet van voerbeeste;die bloed van bulle en lammers en bokke staan My nie aan nie.

12. As julle kom om voor My te verskyn,wie het julle gevra om my voorhowe te kom vertrap?

13. Moenie langer julle nuttelose offergawes bring nie:Ek het 'n afsku van julle wierookoffers.Nuwemaansfeeste, sabbatsvierings, die uitroep van feesdae:Ek verdra nie feesviering met onreg saam nie.

14. Julle nuwemaansfeeste en feesgetye haat Ek.Hulle is vir My 'n las,Ek is moeg daarvoor.

15. As julle julle hande in gebed uitstrek,sal Ek my oë vir julle toemaak.Selfs al bid julle hoe baie,sal Ek nie luister nie,want julle hande is met bloed bevlek.

16. Was julle, reinig julle.Moenie voor My verskynas julle verkeerd doen nie.Hou op met kwaad doen.

17. Leer om weer goed te doen,sorg dat daar reg geskied,gaan die verdrukker teë.Laat reg geskied aan die weeskinders,behartig die regsake van die weduwees.

18. Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here:Al was julle skarlakenrooi van sonde,julle sal wit word soos sneeu.Al was julle purperrooi,julle sal wit word soos wol.

19. As julle gehoorsaam wil wees,sal julle die goeie van die land eet,

20. maar as julle weier en opstandig bly,sal die swaard júlle eet,want dit is die Here wat dit gesê het.

21. Die getroue stad het 'n ontrou slet geword!Die stad wat die tuiste van die reg was,waarin geregtigheid geskied het,is nou vol moordenaars!

Lees volledige hoofstuk Jesaja 1