Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 1:1-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die openbaring wat Jesaja seun van Amos ontvang het aangaande Juda en Jerusalem. Dit was in die regeringstyd van Ussia, Jotam, Agas en Hiskia, konings van Juda.

2. Luister, hemele, gee aandag, aarde,want die Here het gesê:Ek het kinders grootgemaak en opgevoed,maar hulle het teen My in opstand gekom.

3. 'n Bees ken sy eienaaren 'n donkie die krip van sy baas,maar Israel ken My nie,my volk het geen begrip van wat Ek doen nie.

4. Ellende wag vir julle, sondige nasie,volk met skuld belaai,geslag wat verkeerd handel,julle wat net afbreek,wat My, die Here, verlaat het,My, die Heilige van Israel, veragen vir My die rug gedraai het.

5. Daar is nie meer plekwaar nog aan julle geslaan kan word nie,en tog hou julle aan om van My af weg te draai.Die hele kop is vol seerplekkeen die hele gestel is verswak.

6. Van kop tot toneis daar nie een plek heel nie:dit is die ene kneusplekke, hale en rou wonde!Hulle is nie skoongemaak of verbindof met salf behandel nie.

7. Julle land is verwoes,julle stede is verbrand,voor julle oë verteer vreemdes julle landerye.Hulle het dit 'n verlate wêreld gemaak.

8. Soos 'n skerm in 'n wingerdhet Sion alleen oorgebly,soos die hut van 'n wagter in 'n komkommertuin.Sion is 'n beleërde stad.

9. As die Here die Almagtigenie 'n klompie van ons laat oorbly het nie,sou ons soos Sodom geword het,ons sou net soos Gomorra gewees het.

10. Luister na die woord van die Here, julle Sodomsleiers!Gee ag op wat ons God julle leer, julle Gomorrasvolk!

11. Wat het Ek aan julle baie offers? vra die Here.Ek is sat van die brandoffers van rammeen die vet van voerbeeste;die bloed van bulle en lammers en bokke staan My nie aan nie.

12. As julle kom om voor My te verskyn,wie het julle gevra om my voorhowe te kom vertrap?

13. Moenie langer julle nuttelose offergawes bring nie:Ek het 'n afsku van julle wierookoffers.Nuwemaansfeeste, sabbatsvierings, die uitroep van feesdae:Ek verdra nie feesviering met onreg saam nie.

14. Julle nuwemaansfeeste en feesgetye haat Ek.Hulle is vir My 'n las,Ek is moeg daarvoor.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 1