Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 23:8-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. maar hulle sal sê: “So seker as die Here leef wat die nageslag van Israel met sorg teruggebring het uit die land in die noorde en uit al die lande waarheen Hy hulle verstrooi het.”Dan sal hulle weer in hulle eie land woon.

9. Teen die profete:My hart is stukkend geslaan, my hele liggaam bewe.Ek is soos 'n dronk mens,soos iemand wat deur drank oorweldig is.Ek het so geword deur die Here,deur sy heilige woorde.

10. Die land het vol mense geword wat hoereer;deur die vervloeking wat op die land rus,het hy verdroog,het die weiveld verdor.Die koers wat die profete inslaan, is verkeerd,hulle misbruik hulle mag.

11. Profeet en priester is albei godloos,Ek tref hulle sondes selfs in my huis aan,sê die Here.

12. Daarom sal hulle pad glibberig word,hulle sal weggelei word na donker plekke toe,daar sal hulle val.Ek sal 'n ramp oor hulle bringwanneer Ek hulle straf, sê die Here.

13. Ek het iets afstootliks onder Samaria se profete gesien:hulle tree in Baäl se naam op as profeteen verlei my volk Israel.

14. Ek het iets afskuweliks onder Jerusalem se profete gesien:hulle hoereer, hulle lieg en bedrieg,hulle help dié wat verkeerd doen,met die gevolg dat niemand hom van sy verkeerde dade bekeer nie.Hulle het almal vir My soos Sodom geword,Jerusalem se inwoners het soos Gomorra geword.

15. Daarom, so sê die Here die Almagtige oor die profete:Ek sal hulle galbitter kos laat eeten gifwater laat drink,want van Jerusalem se profete afhet godloosheid deur die hele land versprei.

16. So sê die Here die Almagtige:Julle moenie luister na wat die profete sê nie,die profete wat vir julle as profete optree.Hulle wek vals verwagtings by julle,hulle praat oor visioene wat hulle self uitdink,nie oor wat die Here sê nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 23