Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 2:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die woord van die Here het tot my gekom:

2. Gaan roep hierdie woorde uit sodat elkeen in Jerusalem dit kan hoor.So sê die Here:Ek onthou nog hoe getrou jy aan My was in jou jeug;hoe lief jy My gehad het toe jy my bruid geword het,toe jy My die woestyn in gevolg het,in 'n wêreld waar niks geplant word nie.

3. Israel was toe aan die Here gewysoos die eerste vrugte van die oes.Niemand wat hierdie vrugte geëet het, het ongestraf gebly nie,rampe het hom getref, sê die Here.

4. Hoor die woord van die Here, mense van Jakob,al julle stamme van Israel!

5. So sê die Here:Waarin het Ek gefaaldat julle voorvaders van My af weggedraai het,dat hulle nikswerd afgode gedien het en so self niks geword het?

6. Hulle het nie gevra: “Waar is die Herewat ons uit Egipteland laat optrek het?” nie.Hy het ons deur die woestyn gelei,deur 'n droë wêreld vol slote,deur 'n dor land vol doodsgevaar,deur 'n land waardeur niemand trek en waarin geen mens woon nie.

7. Ek het julle in 'n vrugbare land gebringom die vrugte daarvan en die goeie dinge daarin te geniet,maar toe julle in my land gekom het,het julle dit verontreinig;die land wat my eiendom is, is deur julle besoedel.

8. Die priesters het nie gevra: “Waar is die Here?” nie,dié wat my wil moes bekend maak, het My nie erken nie.Die regeerders het hulle teen My verset,die profete het in die naam van Baäl opgetreeen gode gedien wat nie kan help nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 2