Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 8:10-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Noag het toe nog sewe dae gewag en weer die duif uit die ark uit losgelaat.

11. Teen die aand het die duif na hom toe teruggekom, nogal met 'n varsgeplukte olyfblaar in sy bek. Toe het Noag geweet dat die water op die aarde opdroog.

12. Hy het nog sewe dae gewag en die duif losgelaat, maar dit het nie weer na hom toe teruggekom nie.

13. Op die eerste dag van die eerste maand van die ses honderd en eerste jaar van Noag was die water op die aarde heeltemal weggedroog. Noag het die luik van die ark oopgemaak en uitgekyk. Die hele aarde was droog.

14. Op die sewe en twintigste van die tweede maand was die aarde droog,

15. en toe sê God vir Noag:

16. “Gaan uit die ark uit, jy en jou vrou en jou seuns en hulle vrouens,

Lees volledige hoofstuk Genesis 8