Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 3:14-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. En die Here God sê vir die slang:“Omdat jy dit gedoen het,is jy vervloek onder al die diere.Op jou maag sal jy seilen stof sal jy eet, jou lewe lank.

15. Ek stel vyandskap tussen jou en die vrou,tussen jou nageslag en haar nageslag.Haar nageslag sal jou kop vermorselen jy sal hom in die hakskeen byt.”

16. Vir die vrou het die Here God gesê:“Ek sal jou baie swaar laat kry met jou swangerskappe:met pyn sal jy kinders in die wêreld bring.Na jou man sal jy hunker,en hy sal oor jou heers.”

17. Vir die mens het die Here God gesê: “Omdat jy na jou vrou geluister het en geëet het van die boom waarvan Ek jou verbied het om te eet,“is die aarde deur jou toedoen vervloek;met swaarkry sal jy daaruit 'n bestaan maak,jou lewe lank;

18. die aarde sal vir jou dorings en dissels laat uitspruit,en jy sal veldplante eet;

19. net deur harde werk sal jy kan eet,totdat jy terugkeer na die aarde toe,want daaruit is jy geneem.Stof is jy, en jy sal weer stof word.”

20. Die mens het sy vrou Eva genoem; sy was die moeder van al die mense.

21. Daarna het die Here God vir die mens en sy vrou velklere gemaak, en hulle dit aangetrek.

22. Toe het die Here God gesê: “Die mens het nou soos een van Ons geword deurdat hy alles kan ken. As hy nou maar net nie sy hand uitsteek en die vrug van die boom van die lewe vat en daarvan eet en altyd bly lewe nie!”

23. Daarom het die Here God die mens weggestuur uit die tuin van Eden uit om die aarde te gaan bewerk, die aarde waaruit hy gemaak is.

24. Die Here God het die mens uitgedryf, en om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak, het Hy oos van die tuin van Eden gerubs gesit, en ook 'n vlammende swaard wat heen en weer beweeg.

Lees volledige hoofstuk Genesis 3