Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 3:14-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. Elisa het geantwoord: “So seker as die Here die Almagtige lewe, in wie se diens ek is, as dit nie was dat ek agting het vir die persoon van koning Josafat van Juda nie, sou ek my nie eens verwerdig het om na jou te kyk nie.

15. Bring nou vir my 'n lierspeler.”Terwyl die lierspeler gespeel het, het die mag van die Here vir Elisa in besit geneem,

16. en hy het gesê: “So sê die Here: Daar sal damme en damme water in hierdie vallei staan.

17. Kyk, so sê die Here: Julle sal nie wind of reën sien nie, en tog sal hierdie vallei vol water word, sodat julle en julle slagvee en julle pakdiere kan drink.

18. Vir die Here is dit maar iets gerings om te doen: Hy sal ook vir Moab in julle mag oorgee.

19. Julle sal al hulle vestingstede, die uitsoekstede, inneem, al die mooi bome uitkap, al die fonteine toestop, en al die mooi lande vol klippe gooi.”

20. Die volgende môre, teen die tyd dat die offer gewoonlik gebring word, het daar onverwags water uit die rigting van Edom gekom, en die hele gebied het vol water geloop.

21. Die Moabiete het verneem dat die konings opruk om teen hulle te veg. Almal wat bewapen kon word, jonk en oud, is opgekommandeer en het by die grens gaan stelling inneem.

22. Toe hulle vroeg die volgende môre opstaan, net toe die son opkom oor die water, sien die Moabiete die water oorkant hulle, rooi soos bloed.

23. “Dis bloed!” het hulle geskree. “Die konings het met mekaar begin veg en mekaar doodgemaak. Storm op die buit af, Moabiete!”

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 3