Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 1:3-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Maar die Engel van die Here het vir Elia die Tisbiet gesê: “Loop gou die boodskappers van die koning van Samaria tegemoet en sê vir hulle: Is daar dan geen God in Israel nie dat julle vir Baäl-Sebub die god van Ekron gaan raadpleeg?

4. Daarom sê die Here vir die koning: Jy sal nie opstaan uit die bed waarin jy gaan lê het nie. Jy gaan sterf.”Toe vertrek Elia,

5. en die boodskappers het omgedraai na die koning toe. Hy vra hulle toe: “Waarom het julle omgedraai?”

6. Hulle het hom geantwoord: “'n Man het ons tegemoet geloop en vir ons gesê: Gaan terug na die koning wat vir julle gestuur het en sê vir hom: So sê die Here: Is daar dan geen God in Israel nie dat jy boodskappers stuur om Baäl-Sebub die god van Ekron te raadpleeg? Daarom sal jy nie opstaan uit die bed waarin jy gaan lê het nie. Jy gaan sterf.”

7. Die koning vra hulle toe: “Hoe het die man gelyk wat vir julle tegemoet geloop en hierdie dinge vir julle gesê het?”

8. Hulle het geantwoord: “Dit was 'n man met velklere aan en met 'n velgordel om sy middel.”Daarop sê die koning: “Dit moet Elia die Tisbiet wees.”

9. Hy stuur toe 'n offisier met vyftig manskappe na Elia toe. Die offisier het na Elia toe opgeklim waar hy op die top van 'n berg gesit het. Die offisier het vir hom gesê: “Man van God, die koning het beveel jy moet afkom na hom toe.”

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 1