Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 1:11-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. Die koning stuur toe 'n ander offisier met vyftig man na Elia toe om hom te beveel: “Man van God, die koning sê: jy moet vinnig na hom toe kom.”

12. Elia het hom geantwoord: “So seker as ek 'n man van God is, daar sal vuur uit die hemel uit afkom en jou en jou vyftig man verteer!”Daar het toe 'n vuur van God uit die hemel uit afgekom en dit het die offisier en sy vyftig man verteer.

13. Die koning stuur toe 'n derde keer 'n offisier met sy vyftig man. Die derde offisier is die berg op. By Elia aangekom, het hy op sy knieë voor hom geval en hom om genade gesmeek: “Man van God, spaar tog asseblief my lewe en die lewe van hierdie vyftig man.

14. Daar het vuur uit die hemel uit afgekom en dit het die twee offisiere wat vroeër gekom het, saam met hulle manskappe verteer. Spaar nou asseblief my lewe!”

15. Die Engel van die Here het vir Elia gesê: “Klim af saam met hom, moenie vir hom bang wees nie.”Elia is toe saam met hom die berg af na die koning toe.

16. Elia het vir die koning gesê: “So sê die Here: Omdat jy boodskappers gestuur het om Baäl-Sebub die god van Ekron te raadpleeg asof daar geen God in Israel is wat geraadpleeg kan word nie, sal jy nie opstaan uit die bed waarin jy nou lê nie. Jy gaan sterf.”

17. Hy hét ook gesterf, in ooreenstemming met die woord van die Here wat deur Elia gekom het. Omdat Ahasia self geen kinders gehad het nie, is hy as koning opgevolg deur Joram. Dit was in die tweede regeringsjaar van koning Joram van Juda, seun van Josafat.

18. Die ander verhale oor Ahasia en wat hy gedoen het, is opgeteken in die annale van die konings van Israel.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 1