Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 9:5-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Toe hulle in die Sufgebied kom, het Saul vir die slaaf by hom gesê: “Kom ons gaan terug, anders vergeet my pa van die donkies en raak bekommerd oor ons.”

6. Die slaaf sê toe vir Saul: “Nee, wag! In hierdie stad is 'n man van God. Dié man geniet hoë aansien. Alles wat hy sê, gebeur net so. Kom ons gaan soontoe. Dalk kan hy vir ons sê waar om te soek.”

7. Saul sê toe vir sy slaaf: “Nou goed, kom ons gaan, maar wat sal ons vir die man saamvat? Die brood in ons sakke is al op. Ons het ook nie 'n geskenk om vir die man van God te gee nie. Wat het ons?”

8. Die slaaf het vir Saul geantwoord: “Wag! Ek het 'n drie gram silwer by my. Ek sal dit aan die man van God gee sodat hy vir ons kan sê waar om te soek.”

9. Vroeër, wanneer iemand gegaan het om God te raadpleeg, is daar in Israel gesê: “Kom ons gaan na die siener toe.” Die profeet van vandag is vroeër siener genoem.

10. Saul het vir sy slaaf gesê: “Dis 'n goeie plan. Kom ons gaan.”Hulle het na die stad toe gegaan waar die man van God was.

11. Terwyl hulle die opdraand na die stad toe opgaan, het hulle meisies teëgekom wat gaan water skep het, en vir hulle gevra: “Is die siener hier?”

12. Hulle het geantwoord: “Hy is daar in die stad voor u. Maak gou! Hy het vandag na hierdie stad toe gekom, want die volk bring vandag 'n offer op die hoogte.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 9