Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 19:12-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Hy het gesê: “As die Arameërs vir my te sterk is, moet jy my kom help, en as die Ammoniete vir jou te sterk is, sal ek jou kom help.

13. Wees dapper, ja, laat ons almal dapper wees ter wille van ons volk en die stede van ons God. Mag die Here doen soos Hy dit goedvind.”

14. Joab en sy manne het opgeruk om teen die Arameërs te veg, maar hulle het vir hom gevlug.

15. Toe die Ammoniete gewaar dat die Arameërs vlug, het die Ammoniete ook voor sy broer Abisai op die vlug geslaan en die stad ingegaan. Joab is toe na Jerusalem toe.

16. Toe die Aramese state sien dat hulle deur die Israeliete verslaan is, het hulle afvaardigings gestuur om die Arameërs oorkant die Eufraat te laat kom, en Sobak die hoof van Hadad-Eser se leër het die leiding geneem.

17. Toe Dawid die berig kry, het hy die hele Israel bymekaargemaak en die Jordaan oorgesteek. Toe hy naby die Arameërs kom, het hy stelling ingeneem teenoor hulle. Pas het Dawid sy stellings teenoor die Arameërs reg gehad vir die geveg, of hulle val hom aan.

18. Hulle het egter vir Israel gevlug. Dawid het sewe duisend van die strydwabemanning en veertig duisend voetsoldate van Aram om die lewe gebring. Hy het verder ook vir Sobak die hoof van hulle leër doodgemaak.

19. Toe die manskappe van Hadad-Eser besef dat hulle deur Israel verslaan is, het hulle vrede gesluit met Dawid en aan hom onderhorig geword. Die Arameërs was hierna nie weer bereid om die Ammoniete te help nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 19