hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korintiërs 6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. As medewerkers van God doen ons 'n beroep op julle om te sorg dat julle die genade van God nie tevergeefs ontvang het nie.

2. Hy sê:“Op die regte tyd het Ek jou gebede verhoor,en op die dag van redding het Ek jou gehelp.”Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding.

3. Ons wil nie hê dat daar met ons bediening fout gevind word nie. Daarom gee ons ook niemand aanleiding tot aanstoot nie,

4. maar in alles laat ons ons ken as dienaars van God. Dit doen ons met baie geduld in verdrukking, ontbering en nood.

5. Ons is geslaan, in die tronk gegooi en het in oproere beland; ons het swaar gewerk, nagte sonder slaap deurgemaak en honger gely.

6. Ons het onberispelik opgetree, met begrip, met verdraagsaamheid en vriendelikheid. Dit alles het ons gedoen deur die Heilige Gees, deur opregte liefde,

7. deur die woord van die waarheid en deur die krag van God. Ons wapen vir aanval en verdediging is om die wil van God te doen.

8. Ons ontvang eer en oneer,ons word beledig en geprys.Ons word behandel as verleiers, en tog is ons betroubaar;

9. as onbekendes, en tog is ons goed bekend;as sterwendes en, soos julle sien, ons lewe;as gestraf, maar ons is nie doodgemaak nie;

10. as bedroefdes, en tog is ons altyd opgeruimd;as armes, maar ons maak baie ander ryk;as mense wat niks het nie, en tog besit ons alles.

11. Ons het openhartig met julle gepraat, Korintiërs. Ons harte is vir julle wyd oop.

12. Ons het nie ons harte vir julle gesluit nie; julle het julle harte vir ons gesluit.

13. Ek praat met julle as my kinders. Doen aan ons wat ons aan julle gedoen het: maak julle harte ook wyd oop!

Vermaning teen heidense invloed

14. Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie. Hoe kan daar vennootskap wees tussen reg en onreg? Hoe kan daar gemeenskap wees tussen lig en duisternis?

15. Hoe kan daar eenstemmigheid wees tussen Christus en Belial? Hoe kan 'n gelowige dieselfde belange hê as 'n ongelowige?

16. Hoe kan 'n ooreenkoms tot stand kom tussen die tempel van God en afgode? Ons is immers die tempel van die lewende God. Dit is soos God gesê het:“Ek sal onder hulle woon en wandel,en Ek sal hulle God weesen hulle sal my volk wees.”

17. Daarom: “Gaan van hulle af wegen sonder julle af,” sê die Here,“en moenie wat onrein is, aanraak nie.”“Dan sal Ek julle aanneem,