Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 9:4-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Want solank as iemand by al die lewendes behoort, is daar hoop; want ’n lewendige hond is beter as ’n dooie leeu.

5. Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie, en hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis word vergeet.

6. Hulle liefde sowel as hulle haat, ook hulle naywer, het lankal verdwyn, en hulle het vir ewig geen deel meer aan alles wat gebeur onder die son nie.

7. Gaan dan heen, eet jou brood met vreugde, en drink jou wyn met ’n vrolike hart, want God het lankal behae in jou werke.

8. Laat jou klere altyd wit wees, en laat olie op jou hoof nie ontbreek nie.

9. Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet, al die dae van jou nietige lewe wat Hy jou gegee het onder die son — al jou nietige dae; want dit is jou deel aan die lewe en aan jou arbeid wat jy met moeite verrig onder die son.

10. Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met jou mag, want daar is geen werk of oorleg of kennis of wysheid in die doderyk waar jy heengaan nie.

11. WEER het ek onder die son gesien dat die wedloop nie is vir die vinniges en die oorlog nie vir die helde nie; en ook die brood is nie vir die wyse of ook rykdom vir die slimmes of ook guns vir die verstandiges nie; want tyd en lotgeval tref hulle almal.

Lees volledige hoofstuk Prediker 9