Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 28:14-26 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. En hulle drankoffers moet wees ’n half-hin wyn vir ’n bul en ’n derde van ’n hin vir ’n ram en ’n kwart-hin vir ’n lam. Dit is die brandoffer by elke nuwemaan, vir die maande van die jaar.

15. Ook moet een bokram as sondoffer aan die Here berei word, behalwe die voortdurende brandoffer en die drankoffer wat daarby behoort.

16. EN in die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, is die pasga van die Here.

17. En op die vyftiende dag van hierdie maand is dit fees; sewe dae lank moet ongesuurde brode geëet word.

18. Op die eerste dag moet daar ’n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.

19. Maar julle moet as vuuroffer, as brandoffer aan die Here bring: twee jong bulle en een ram en sewe jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle vir julle wees.

20. En hulle spysoffer fynmeel met olie gemeng: drie-tiendes van ’n efa vir ’n bul en twee-tiendes vir ’n ram moet julle berei.

21. Een-tiende moet jy vir elke lam van die sewe lammers berei.

22. Daarby een bokram as sondoffer om vir julle versoening te doen.

23. Behalwe die môrebrandoffer, wat as voortdurende brandoffer dien, moet julle dit berei.

24. Op dié manier moet julle elke dag, sewe dae lank, die vuurofferspys van lieflike geur vir die Here berei; by die voortdurende brandoffer moet dit berei word — en die drankoffer wat daarby behoort.

25. En op die sewende dag moet daar vir julle ’n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.

26. En op die dag van die eerstelinge, as julle ’n nuwe spysoffer by julle fees van die weke aan die Here bring, moet daar vir julle ’n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.

Lees volledige hoofstuk Númeri 28