Ou Testament

Nuwe Testament

Levítikus 8:3-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. en versamel die hele vergadering by die ingang van die tent van samekoms.

4. En Moses het gedoen soos die Here hom beveel het, en die vergadering het bymekaargekom by die ingang van die tent van samekoms.

5. Toe sê Moses aan die vergadering: Dit is die saak wat die Here beveel het om te doen.

6. En Moses het Aäron en sy seuns laat nader kom en hulle met water gewas.

7. Daarop het hy hom die rok aangetrek en hom met die gordel gegord en hom die mantel aangetrek; ook het hy hom die skouerkleed aangetrek en hom gegord met die band van die skouerkleed en daarmee hom die skouerkleed omgebind.

8. Verder het hy hom die borstas aangeheg en in die borstas die Urim en die Tummim gesit.

9. En hy het die tulband op sy hoof gesit en aan die tulband, aan die voorkant, die goue plaat, die heilige kroon, bevestig, soos die Here Moses beveel het.

10. Toe het Moses die salfolie geneem en die tabernakel en alles wat daarin was, gesalf en dit geheilig.

11. En hy het daarvan sewe maal op die altaar gesprinkel en die altaar gesalf en al sy gereedskap, met die waskom en sy voetstuk, om dit te heilig.

12. Daarna het hy van die salfolie op die hoof van Aäron gegiet en hom gesalf om hom te heilig.

13. Ook het Moses die seuns van Aäron laat nader kom en hulle die rokke aangetrek en hulle gegord met ’n gordel en hulle die musse omgebind soos die Here Moses beveel het.

14. Daarop het hy die sondofferbul laat aankom, en Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die sondofferbul gelê.

15. En Moses het dit geslag en die bloed geneem en daarvan met sy vinger rondom aan die horings van die altaar gestryk en die altaar ontsondig; maar die orige bloed het hy aan die onderkant van die altaar uitgegooi. So het hy dit dan geheilig deur daar versoening voor te doen.

Lees volledige hoofstuk Levítikus 8