Ou Testament

Nuwe Testament

Levítikus 8:28-32 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

28. Daarop het Moses dit uit hulle hande geneem en dit op die altaar, bo op die brandoffer, aan die brand gesteek; ’n wydingsoffer was dit as lieflike geur, ’n vuuroffer aan die Here.

29. Verder het Moses die bors geneem en dit as beweegoffer voor die aangesig van die Here beweeg; van die wydingsram het dit aan Moses as deel toegekom, soos die Here Moses beveel het.

30. Moses het ook van die salfolie en van die bloed wat aan die altaar was, geneem en dit op Aäron, op sy klere, sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns gesprinkel. So het hy dan Aäron, sy klere, sowel as sy seuns en die klere van sy seuns geheilig.

31. Toe sê Moses vir Aäron en sy seuns: Kook die vleis by die ingang van die tent van samekoms en eet dit daar met die brood wat in die wydingsmandjie is, soos ek beveel en gesê het: Aäron en sy seuns moet dit eet.

32. Maar wat van die vleis en die brood oorbly, moet julle met vuur verbrand.

Lees volledige hoofstuk Levítikus 8