Ou Testament

Nuwe Testament

Exodus 28:28-35 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

28. En hulle moet die borstas met sy ringe aan die ringe van die skouerkleed met ’n pers toutjie vasbind, sodat dit bo die band van die skouerkleed is en die borstas nie van die skouerkleed afskuiwe nie.

29. So moet Aäron dan die name van die kinders van Israel in die borstas van beslissing op sy hart dra as hy in die heiligdom ingaan, om hulle in gedagtenis te bring voor die aangesig van die Here gedurigdeur.

30. Jy moet ook in die borstas van beslissing die Urim en die Tummim sit, dat hulle op die hart van Aäron kan wees as hy voor die aangesig van die Here ingaan. So moet Aäron dan die beslissing van die kinders van Israel gedurigdeur op sy hart dra voor die aangesig van die Here.

31. En jy moet die mantel van die skouerkleed heeltemal van pers stof maak.

32. En die opening vir die hoof moet in die middel daarvan wees. Rondom die opening moet ’n soom van wewerswerk wees. Soos die opening van ’n pantser moet dit daaraan wees, dat dit nie kan skeur nie.

33. En maak aan die soom daarvan granaatjies van pers en purperrooi en bloedrooi kleur, aan die soom daarvan rondom, en daar tussenin goue klokkies rondom:

34. ’n goue klokkie en ’n granaatjie, ’n goue klokkie en ’n granaatjie, aan die soom van die mantel rondom.

35. En Aäron moet dit aanhê om te kan dien, sodat die geluid daarvan gehoor word as hy in die heiligdom, voor die aangesig van die Here, ingaan en as hy daar uitgaan, dat hy nie sterwe nie.

Lees volledige hoofstuk Exodus 28