Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 5:1-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. MAAR Haggai, die profeet, en Sagaría, die seun van Iddo, die profete, het vir die Jode wat in Juda en Jerusalem was, geprofeteer in die Naam van die God van Israel wat oor hulle was.

2. Toe het Serubbábel, die seun van Seáltiël, en Jésua, die seun van Jósadak, klaargemaak, en hulle het begin om die huis van God wat in Jerusalem was, te bou, en saam met hulle was die profete van God wat hulle ondersteun het.

3. In dié tyd het Tattenai, die goewerneur wes van die Eufraat, en Setar-Bosenai en hulle partygenote na hulle gekom en só aan hulle gesê: Wie het julle bevel gegee om hierdie huis te bou en hierdie muur te voltooi?

4. Só het ons dan vir hulle gesê wat die name was van die manne wat hierdie gebou oprig.

5. Maar die oog van hulle God was oor die oudstes van die Jode, sodat hulle hul nie verhinder het nie, totdat die berig voor Daríus sou kom, en dan daaroor ’n brief teruggebring sou word.

6. ’n Afskrif van die brief wat Tattenai, die goewerneur wes van die Eufraat, en Setar-Bosenai en sy partygenote, die Afarsegaïete wat wes van die Eufraat was, aan koning Daríus gestuur het.

7. Hulle het aan hom ’n berig gestuur, en só was daarin geskrywe: Aan koning Daríus — alle heil!

8. Aan die koning word bekend gemaak dat ons na die provinsie Juda, na die huis van die grote God, gegaan het; en dit word van groot klippe gebou, en hout word teen die mure gelê, en daardie werk word sorgvuldig gedoen en vorder goed onder hulle hande.

9. Toe het ons daardie oudstes gevra; só het ons aan hulle gesê: Wie het julle bevel gegee om hierdie huis te bou en hierdie muur te voltooi?

Lees volledige hoofstuk Esra 5