Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 5:13-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. So sal dan my toorn uitwoed, en Ek sal my grimmigheid tot rus bring teen hulle en aan My voldoening verskaf; en hulle sal weet dat Ek, die Here, in my ywer gespreek het as Ek my grimmigheid teen hulle laat uitwoed.

14. En Ek sal jou ’n puinhoop en ’n voorwerp van smaad maak onder die nasies wat rondom jou is, voor die oë van almal wat verbygaan.

15. En dit sal ’n voorwerp van smaad en skimp wees, ’n waarskuwing en ’n voorwerp van verbasing vir die nasies wat rondom jou is, as Ek strafgerigte in jou oefen in toorn en grimmigheid en in grimmige strawwe; Ek, die Here, het dit gespreek.

16. As Ek die verderflike pyle van hongersnood teen hulle uitstuur wat tot verwoesting is, wat Ek uitstuur om julle te vernietig, dan sal Ek die hongersnood oor julle vermeerder, en julle staf van die brood sal Ek verbreek.

17. Ja, hongersnood en wilde diere wat jou kinderloos sal maak, sal Ek oor julle stuur; ook sal pes en bloedvergieting in jou rondgaan, en Ek sal ’n swaard oor jou bring. Ek, die Here, het dit gespreek.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 5