Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 48:1-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN dit is die name van die stamme. Aan die noordekant langs die weg van Hetlon na die ingang van Hamat en Hasar-Enan aan die grens van Damaskus, na die noorde toe langs Hamat — hy moet die ooste- en die westekant hê — Dan een deel.

2. En naas die gebied van Dan, van die oostekant af tot by die westekant: Aser een deel.

3. En naas die gebied van Aser, van die oostekant af tot by die westekant: Náftali, een.

4. En naas die gebied van Náftali, van die oostekant af tot by die westekant: Manasse, een.

5. En naas die gebied van Manasse, van die oostekant af tot by die westekant: Efraim, een.

6. En naas die gebied van Efraim, van die oostekant af tot by die westekant: Ruben, een.

7. En naas die gebied van Ruben, van die oostekant af tot by die westekant: Juda, een.

8. En naas die gebied van Juda, van die oostekant af tot by die westekant, moet die offergawe wees wat julle moet afgee: vyf-en-twintigduisend el breed en net so lank as een van die dele, van die oostekant af tot by die westekant; en die heiligdom moet in die middel daarvan wees.

9. Die offergawe wat julle aan die Here moet afgee, moet vyf-en-twintigduisend el lank wees en tienduisend breed.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 48