Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 45:18-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. So sê die Here Here: In die eerste maand, op die eerste van die maand, moet jy ’n jong bul sonder gebrek neem en die heiligdom ontsondig.

19. En die priester moet van die bloed van die sondoffer neem en dit aan die deurposte van die huis stryk en aan die vier hoeke van die omlysting van die altaar en aan die deurposte van die poort van die binneste voorhof.

20. So moet jy ook doen op die sewende in die maand ter wille van die wat hulle uit swakheid of uit onwetendheid misgaan het; so moet julle dan vir die huis versoening doen.

21. In die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, moet vir julle die pasga wees; op die sewedaagse fees moet ongesuurde brode geëet word.

22. En die vors moet op dié dag vir homself en vir die hele volk van die land ’n sondofferbul berei.

23. En die sewe dae van die fees moet hy daagliks as brandoffer aan die Here gereedmaak sewe bulle en sewe ramme sonder gebrek, gedurende die sewe dae, en daagliks ’n bokram as sondoffer.

24. Ook moet hy as spysoffer berei ’n efa vir ’n bul en ’n efa vir ’n ram en ’n hin olie vir ’n efa.

25. In die sewende maand, op die vyftiende dag van die maand, moet hy op die fees dieselfde offers gereedmaak gedurende die sewe dae: dieselfde sondoffer, dieselfde brandoffer en dieselfde spysoffer en dieselfde olie.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 45