Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 9:2-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. ’n groot volk van hoë gestalte, die kinders van die Enakiete, wat jy self ken en van wie jy hoor sê het: Wie kan standhou voor die kinders van Enak?

3. Weet dan vandag dat die Here jou God die Een is wat voor jou oortrek soos ’n verterende vuur. Hý sal hulle vernietig en hulle voor jou onderwerp, sodat jy hulle gou kan verdrywe en tot niet maak soos die Here jou beloof het.

4. As die Here jou God hulle voor jou uit verjaag, moet dan nie in jou hart spreek en sê: Die Here het my ter wille van my geregtigheid ingebring om hierdie land in besit te neem nie; want weens die goddeloosheid van hierdie nasies verdryf die Here hulle voor jou uit.

5. Nie ter wille van jou geregtigheid en die opregtheid van jou hart kom jy in om hulle land in besit te neem nie, maar weens die goddeloosheid van hierdie nasies verdryf die Here jou God hulle voor jou uit, en om die woord te vervul wat die Here vir jou vaders, Abraham, Isak en Jakob, gesweer het.

6. Weet dan dat die Here jou God nie ter wille van jou geregtigheid jou hierdie goeie land gee om dit in besit te neem nie, want jy is ’n hardnekkige volk.

7. Dink daaraan, vergeet nie hoe jy die Here jou God in die woestyn vertoorn het nie; van die dag af dat jy uit Egipteland uitgetrek het, totdat julle by hierdie plek gekom het, was julle wederstrewig teen die Here.

8. Ja, by Horeb het julle die Here vertoorn, sodat die Here toornig was op julle om julle te verdelg.

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 9