Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 4:2-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Julle mag by die woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle die gebooie van die Here julle God mag onderhou, wat ek julle beveel.

3. Julle oë het gesien wat die Here weens Baäl-Peor gedoen het; want al die manne wat agter Baäl-Peor aan geloop het, dié het die Here jou God onder jou uit verdelg.

4. Julle daarenteen wat die Here julle God aangehang het, is vandag nog almal in die lewe.

5. Kyk, ek het julle insettinge en verordeninge geleer soos die Here my God my beveel het, om so te handel in die land waarheen julle gaan om dit in besit te neem.

6. Onderhou dit dan en doen dit; want dit is julle wysheid en julle verstand voor die oë van die volke wat al hierdie insettinge sal hoor en sê: Waarlik, hierdie groot nasie is ’n wyse en verstandige volk.

7. Want watter groot nasie het gode wat vir hulle so naby is soos die Here onse God so dikwels as ons Hom aanroep?

8. En watter groot nasie is daar wat sulke regverdige insettinge en verordeninge het soos hierdie hele wet wat ek julle vandag voorhou?

9. Neem jou net in ag en wees terdeë op jou hoede, dat jy die dinge nie vergeet wat jou oë gesien het nie, en dat hulle uit jou hart nie wyk al die dae van jou lewe nie; en jy moet dit aan jou kinders en jou kindskinders bekend maak:

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 4