Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 25:5-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. AS broers bymekaar woon en een van hulle sterwe sonder dat hy ’n seun het, dan mag die vrou van die oorledene nie daarbuite ’n vreemde man s’n word nie; haar swaer moet by haar ingaan en haar as sy vrou neem en die swaershuwelik met haar sluit;

6. en die eersgeborene wat sy baar, moet staan op naam van sy oorlede broer, dat sy naam nie uit Israel uitgedelg word nie.

7. Maar as dit die man nie beval om sy skoonsuster te neem nie, moet sy skoonsuster na die poort opgaan na die oudstes toe, en sê: My swaer weier om sy broer se naam in Israel in stand te hou; hy wil met my die swaershuwelik nie sluit nie —

8. dan moet die oudstes van sy stad hom roep en met hom spreek; bly hy dan daarby staan en sê: Dit beval my nie om haar te neem nie —

9. dan moet sy skoonsuster voor die oë van die oudstes na hom toe nader kom en sy skoen van sy voet aftrek en in sy gesig spuug, en sy moet verklaar en sê: So moet met die man gedoen word wat die huis van sy broer nie wil bou nie.

10. En sy naam moet in Israel genoem word: Die huis van die kaalvoet.

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 25