Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 19:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. AS die Here jou God die nasies uitroei wie se land die Here jou God jou sal gee, en jy hulle uit hul besitting verdrywe en in hulle stede en in hulle huise woon,

2. dan moet jy vir jou drie stede afsonder in jou land wat die Here jou God jou sal gee om dit in besit te neem.

3. Jy moet vir jou die pad regmaak en jou grondgebied wat die Here jou God jou laat erwe, in drie dele verdeel, sodat elkeen wat ’n doodslag begaan het, daarheen kan vlug.

4. En dit is die saak van hom wat ’n doodslag begaan het, wat daarheen vlug, dat hy kan lewe: hy wat sy naaste sonder opset doodslaan, terwyl hy hom van gister en eergister af nie vyandig was nie;

5. en hy wat saam met sy naaste in die bos gaan om hout te kap en sy hand swaai met die byl om die boom af te kap, en die yster glip van die steel af en tref sy naaste, sodat hy sterwe — hy moet in een van hierdie stede vlug om in die lewe te bly;

6. sodat die bloedwreker hom wat ’n doodslag begaan het, nie agtervolg as sy hart verhit is en hom inhaal — omdat die pad lank is — en hom doodslaan nie, terwyl hy die dood nie verdien het nie, omdat hy hom van gister en eergister af nie vyandig was nie.

7. Daarom gee ek jou bevel en sê: Drie stede moet jy vir jou afsonder.

8. En as die Here jou God jou grondgebied uitbrei, soos Hy aan jou vaders met ’n eed beloof het, en jou die hele land gee wat Hy beloof het om aan jou vaders te gee

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 19