Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 7:1-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE sê Elísa: Hoor die woord van die Here! So spreek die Here: Môre omtrent sulke tyd sal ’n maat fynmeel ’n sikkel, en twee mate gars ’n sikkel kos in die poort van Samaría.

2. Maar die adjudant op wie se arm die koning geleun het, antwoord die man van God en sê: Al maak die Here ook vensters in die hemel, sou dit kan gebeur? En hy sê: Kyk, jy sal dit met jou oë sien, maar nie daarvan eet nie.

3. En daar was vier melaatse manne by die ingang van die poort; hulle het die een vir die ander gesê: Wat bly ons hier totdat ons sterwe?

4. As ons sê: Laat ons in die stad ingaan — aangesien daar hongersnood in die stad is — sal ons daar sterwe; en as ons hier bly, sal ons sterwe; kom dan nou en laat ons oorloop na die laer van die Arameërs. As hulle ons laat lewe, dan bly ons lewe; en as hulle ons doodmaak, dan sterwe ons.

5. En hulle het klaargemaak in die aandskemer om in die laer van die Arameërs in te gaan; maar toe hulle aan die buitekant van die laer van die Arameërs kom, was daar niemand nie.

6. Want die Here het die leër van die Arameërs ’n gedruis van waens en ’n gedruis van perde, ’n gedruis van ’n groot leërmag laat hoor, sodat hulle die een vir die ander gesê het: Kyk, die koning van Israel het die konings van die Hetiete en die konings van die Egiptenaars teen ons gehuur om ons te oorval.

7. Daarom het hulle in die skemer klaargemaak en gevlug, maar hulle tente en perde en esels, die laer soos dit was, in die steek gelaat; en hulle het vir hul lewe gevlug.

8. En toe daardie melaatse manne by die kant van die laer kom, het hulle een tent binnegegaan en geëet en gedrink en daar silwer en goud en klere uit weggeneem en dit gaan begrawe. Daarna het hulle teruggekom en ’n ander tent binnegegaan en ook daaruit weggeneem en dit gaan begrawe.

9. Toe sê hulle die een vir die ander: Ons doen nie reg nie. Hierdie dag is ’n dag van goeie boodskap, en ons bly stil! As ons vertoef tot die môrelig toe, dan sal ons skuldig staan. Kom dan nou, laat ons gaan en dit in die huis van die koning vertel.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 7